Leerlinge leer van bedreigde diere

Gerine Hoff
Me. Maria Diekmann van Okonjima het onlangs die gr. 6-leerlinge van Edugate Academy besoek en hulle meer oor bedreigde spesies vertel. Sy het 'n uil en 'n ietermago saamgebring en interessanthede oor beide diere met hulle gedeel. Veral die skaars ietermago het die kinders vasgenael laat sit en nadat Diekmann gedemonstreer het hoe hy homself beskerm deur in 'n bol op te rol, het hulle ook geleentheid gekry om aan dié snaakse dier te vat. Daarna het die groot uil, wat eintlik 'n nagdier is en die klomp kinders voor hom nuuskierig betrag het, sy beurt gekry en kon hulle hoor waarom dit so belangrik is om uile te beskerm.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!