Leerlinge skenk vir artroplastie-pasiënte
Vier graad 10-leerlinge van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool het as deel van 'n opdragprojek in die vak lewensoriëntering waarin hulle geld vir liefdadigheid moes insamel, plaaswerk verrig om ondersteunende toerusting te koop vir pasiënte wat heup- en knievervangingsoperasies by die sentrale hospitaal ondergaan het. Die seuns het met die N$7 000 wat hulle ingesamel het, opgeboude toiletsitplekke en abduksiekussings gekoop, wat die pasiënte se herstel vergemaklik. Die artroplastie-eenheid by die Sentrale Hospitaal is sowat 'n jaar gelede ingerig en die seuns het ná 'n opname oor waar in die gemeenskap 'n behoefte aan hulp bestaan, besluit om vir hierdie pasiënte iets te doen. Agter van links is Xander Skinner, Stefan Hattingh, Marlo Harmse en André Rademeyer saam met mnr. Norman Campbell, ortodis en dr. Alex Skinner, ortopedis en hoof van dié eenheid. In die middel van links is dr. Sarah Shilongo, superintendent van die hospitaal en suster Franziska Guriras met die twee spinaliste in die eenheid, mnre. Wartel Halweendo and Pinias Nuukala, wat voor kniel. Die pasiënt is me. Angelika //Gases (65), wat kort tevore 'n knievervanging ondergaan het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie