Leerlinge sterf op pad na koshuis
Leerlinge sterf op pad na koshuis

Leerlinge sterf op pad na koshuis

Twintig in minibus beseer
Tanja Bause
Tanja Bause – Twee leerlinge is Saterdagoggend onderweg na die koshuis op Maltahöhe dood nadat die voertuig omgeslaan het waarin hulle en hulle familie vervoer is. Die ongeluk het Saterdag om 07:30 op die C14 sowat 29 kilometer voor Maltahöhe plaasgevind.

Die uitvoerende hoof van die N/a’an ku sê Lodge and Wildlife Sanctuary, dr. Rudie van Vuuren, sê dit was ’n baie tragiese ongeluk.

“Ons lodgebestuurderes het die voertuig bestuur waarmee die kinders en hul families na Maltahöhe vervoer is. Die kinders is terug koshuis toe gevat omdat die skool (vandag) begin. Die linkeragterband het gebars en die voertuig het ’n padskraperwal getref en omgeslaan.”

Die ma’s van die twee 20- en 13-jarige dogters wat in die ongeluk oorlede is, werk beide by die Kanaan Desert Retreat wat aan die N/a’an ku sê groep behoort.

“Ek het nie die twee meisies geken nie, maar ek ken hulle ma’s baie goed. Hulle werk al jare lank vir ons en wanneer so iets gebeur, raak dit ’n mens geweldig.”

Een van die leerlinge is op die toneel oorlede, terwyl die ander een later in die kliniek oorlede is. ’n Derde leerling van 13-jarige ouderdom is na ’n private hospitaal in Windhoek geneem.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die oorledenes as Rianna Rooi (20) en Maria Richter (13) geïdentifiseer. Die ander passasiers wat beseer is, is onderskeidelik 43, 23 en 13 jaar oud. Daar was sewe mense in die voertuig, insluitend die bestuurder.

NOG ONGELUKKE

Elifas Nangolo (49) is Saterdag om 21:50 in ’n kop-teen-kop botsing op die B1 tussen Oshivelo en Omuthiya oorlede. Na bewering het die 53-jarige bestuurder van ’n vragmotor teen die aankomende sedan met sewe sitplekke gebots. Nangolo was die bestuurder in die sedan. Beide bestuurders was alleen in die voertuie.

• ’n Tweejarige meisie is Vrydag tussen 14:30 en 15:00 in die Tswana-woonbuurt in Gobabis raakgery. Sy het op pad na die hospitaal beswyk. Volgens ooggetuies het die bestuurder baie stadig gery tussen kinders wat aan beide kante van die straat gespeel het, toe die kind skielik die pad wou oorsteek en raakgery is.

• Sondag het die bestuurder van ’n Quantum-bussie beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Die ongeluk het Sondag om 02:00 op die B2 tussen Omaruru en Karibib plaasgevind. Daar was 20 mense insluitende die bestuurder in die bus. Sewe van die passasiers in die ouderdomme van agt, 13, 24, 28, 29, 39 en 70 is met ernstige beserings na die stadshospitaal in Windhoek vervoer. Die ander 13 passasiers en bestuurder het ligte beserings opgedoen. Hul ouderdomme wissel tussen drie en 45 jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!