Leerlinge terug op skoolbanke
Alle leerlinge in graad 7, 9, 10, 11 en gevorderde vlak (AS) keer vandag vir aangesig-tot-aangesig-onderrig terug skool toe.
Dit sluit koshuisleerlinge in. Preprimêre tot graad 6- en graad 8-leerlinge keer op 'n rotasiebasis terug. Met verwysing na koshuisleerlinge sê die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, skole se bestuur sowel as die koshuishoof moet verseker leerlinge wat nie fisiek skool bywoon nie, kry die nodige toesig en word gepas onderrig.
Leerlinge in hulpbronskole sowel as dié met beroepsgerigte onderrig waar klasgetalle laag is, moet ook voltyds terugkeer. Waar vereis moet koshuisleerlinge skool op 'n rotasiebasis bywoon. Volgens die ministerie moet onderwysers verseker elke skool se akademiese herstelplan is in plek.
“Onderrig-ondersteuning moet vir alle leerlinge voortgaan. Leerlinge wat nie skool bywoon nie, moet van onderrigmateriaal voorsien word om te verseker hulle voltooi die sillabus.”
Waar gepas moet skole en bestuur beide aanlyn sowel as aangesig-tot-aangesig-onderrig gebruik. Streke is ook deur die ministerie versoek om die behoeftes van leerlinge te identifiseer wat hulp met aanlyn onderrig nodig het.
Die ministerie maan Covid-19-protokol moet deurgaans gehandhaaf word, wat die volgehoue dra van maskers insluit.
Die ministerie erken ook die ernstige implikasies wat die Covid-pandemie vir leerlinge, onderwysers en personeel weens die verlies van geliefdes en kollegas inhou. In dié verband is die ministerie besig om onderwysers op te lei in die verskaffing van psigo-maatskaplike ondersteuning.
Die ministerie het ook 'n beroep op onderwysers en geskikte leerlinge gedoen om hulself teen Covid te laat inent.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie