Leeu aanval: Bewaarders reageer traag
In die Nasionale Vergadering is vrae gevra oor hoe vinnig natuurbewaarders tydens mens-dier-konflik optree.
Francoise Steynberg
Die ministerie van die omgewing en toerisme ondersoek beweerde wangedrag van sy personeel wat glo nie betyds op mens-dier-konflik reageer nie.
Dit volg ná die leeu aanval op mnr. Ngeripurue Heuva, 'n boer, op 3 Julie op die plaas Onguta in die omgewing van die Omtjokavare-nedersetting naby Werda in die Kunenestreek.
Die minister van presidensiële aangeleenthede, mnr. Frans Kapofi, het Dinsdag in die Nasionale Vergadering (NV) sy kommer teenoor die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, oor die voorval uitgespreek, berig Estelle de Bruyn.
Kapofi het in die NV gesê die boere het natuurbewaarders in kennis gestel dat 'n leeu die aand voor die aanval in die gebied gesien is, maar hulle het nie daarop gereageer nie. Hy het gesê dit lyk nie of die natuurbewaarders lus is om ná ure te werk nie.
“Ons het die uitdaging dat beamptes net reageer as hulle oortyd betaal word. Hulle wil net in werkstyd werk,” het hy gesê.
Republikein het egter berigte ontvang dat die ministerie van die omgewing en toerisme se personeel sedert Junie 2016 nie oortydbetaling ontvang nie.
By navraag aan die ministerie het Shifeta Maandag gesê: “Dit is 'n uitdaging weens die besnoeiing van die begroting.”
Shifeta het Dinsdag in die NV gesê hy sal, sodra die ondersoeke afgehandel is, aan die publiek terugrapporteer.
Mnr. McHenry Venaani, president van die DTA, wat die debat begin het, het gesê daar is 'n styging in die aantal vrylopende leeus op plase, veral naby die Etosha Nasionale Park. Hy wou van Shifeta weet waarom die ministerie nie die heining by Etosha kan regmaak nie.
“Jong kinders loop deur die gebied skool toe,” het Venaani gesê.
Shifeta het verduidelik dat nie alle leeus van Etosha af kom nie, maar ook uit droogtegeteisterde gebiede.
“Die ministerie het dele van die heining reggemaak, veral in gebiede waar mense naby die park woon. Roofdiere word gelok as daar vee naby die park is,” het Shifeta gesê.
Hy het gesê sy ministerie het boere naby Etosha gemaan om hul grond te omhein.
“Boere het hul heinings met Etosha se heining verbind,” het die minister gesê.
BOER ontslaan
Intussen is Heuva, wat deur die gekweste leeu aangeval is, Dinsdag uit die Opuwo-staatshospitaal ontslaan, sê die ministerie.
Die krap- en bytmerke aan Heuva se regter- boarm was baie diep. Gelukkig is geen bene in sy arm gebreek nie en hy kan sy arm weer ten volle gebruik. Die ministerie het N$2 000 tot Heuva se mediese koste bygedra en hy sou gister na die nedersetting teruggeneem word.
Volgens die ministerie is die leeus wat amok gemaak het en beeste gevang het, terug na die Hobatere-omgewing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie