Leeu is gewigtige saak vir Britse komediant
Leeu is gewigtige saak vir Britse komediant

Leeu is gewigtige saak vir Britse komediant

Susan Cilliers - Ricky Gervais, Britse akteur, sanger en komediant, het nou ook sy gewig agter die groeiende wêreldwye veldtog gegooi om te keer dat Mufasa, ’n wit leeumannetjie van Rustenburg, opgeveil word.

Daily Mirror berig die 57-jarige Gervais is aan die voorpunt van bekendes se steun aan die veldtog.

Gervais het op Twitter geskryf: “Die patetiese sadis wat betaal om hierdie dier te skiet, behoort hom te skaam, nes die lafaards wat sy geld aanvaar. Albei is nikswerd.”

Wêreldwyd is slegs 300 wit leeus oor, waarvan net 13 in die natuur leef. Teen Sondag was daar 258 134 mense wat die petisie oor Mufasa op die veldtog se webwerf Care2Petitions ondersteun. Meer as 250 000 is buite Suid-Afrika, terwyl 7 337 mense hier die veldtog ondersteun.

Die veldtog het begin omdat Noordwes se departement van landelike, omgewing- en landbou-ontwikkeling (Read) die Wild for Life-rehabilitasiesentrum in Rustenburg wil dwing om Mufasa aan hom, pleks van ’n reservaat, te oorhandig.

Volgens Carel Zietsman, ’n omgewingsprokureur van Rustenburg, het ’n amptenaar van Read telefonies aan die sentrum gesê hulle wil Mufasa opveil om fondse vir die departement te genereer. Zietsman sê indien dit gebeur, is daar rede om te vrees dat Mufasa die slagoffer van geblikte leeujag sal word.

“Telers sal nie in hom belang stel nie weens ’n vroeëre vasektomie. Sy enigste kommersiële waarde is dus om ’n slagoffer van geblikte leeujag te word.”

HOFAANSOEK

Read sal na verwagting volgende jaar ’n hofaansoek bring dat Mufasa aan hom oorhandig word. Zietsman staan dié aansoek namens Wild for Life teen.

Die petisie sal deel van die hofsaansoek uitmaak en ook aan die minister van omgewingsake oorhandig word.

Mufasa en sy wyfie, Suraya, is sedert hul welpiedae saam in die Rustenburg-sentrum en onafskeidbaar.

Zietsman sê die departement van natuurbewaring het Mufasa drie jaar gelede by ’n gastehuis naby Koster gekonfiskeer.

Die departement het toe ’n ooreenkoms met Wild for Life aangegaan dat hy Mufasa daar op eie koste mag versorg. Die sentrum het selfs ’n wyfieleeu, Suraya gekoop om hom geselskap te hou.

Die Noordwes-regering het reeds toestemming gegee dat Suraya na ’n reservaat verskuif word, maar skop nog vas oor Mufasa.

GEWELDIGE TRAUMA

Dít ondanks die feit dat die departement in die destydse ooreenkoms met Wild for Life gesê het hulle het die reg om ’n reservaat te kies waarheen die leeus kan gaan, sê Zietsman.

’n Finale besluit moet nog geneem word oor die reservaat waarheen hulle sal gaan.

Zietsman sê Mufasa en Suraya sal deur geweldige trauma gaan indien hulle van mekaar geskei word.

Emelda Setlhako, woordvoerder vir Read, het gesê die departement gaan weens die hangende hofgeding nie nou kommentaar lewer nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!