Leeujag: 135 000 mense eis feite oor Skye
Volgens EMS het die organisasies hulle teen 'n muur vasgeloop.
’n Koalisie van 29 omgewingsorganisasies dring in ’n versoekskrif by die departement van omgewingsake aan om oop kaarte te speel oor die “omstrede leeujag” op 8 Junie in die natuurreservaat Umbabat langs die Krugerwildtuin.
Meer as 135 000 mense het reeds die versoekskrif onderteken en dit is meer as 100 keer op Twitter gedeel. Vermoedelik is die leeu Skye, wat baie gewild is by besoekers, doodgeskiet.
Stefanie Falcon, direkteur van die internasionale bewaringsorganisasie Future for Wildlife, het Maandag gesê die “geheimsinnigheid” rondom die jag en die feit dat die departement van omgewingsake nie met inligting vorendag kom nie, het hulle gemotiveer om met die versoekskrif te begin.
Die organisasies, waaronder Action for Rhinos, Animal Advocacy, Born Free, Four Paws, Beauty Without Cruelty, EMS en Ban Animal Trading (Bat), het gesamentlik die versoekskrif oor die leeujag opgestel. Hulle dring nou by die departement van omgewingsake aan om hulle terugvoering oor hul ondersoek na die omstandighede rondom die leeujag te gee.
VERSOEKSKRIF
Volgens Michele Pickover van EMS probeer die organisasies sedert 10 Julie om die versoekskrif persoonlik aan Nosipho Ngcaba, die direkteur-generaal (DG) van die departement, te oorhandig. Sy het hulle nog nie te woord gestaan nie.
“Ons het toe besluit om die versoekskrif per e-pos aan haar kantoor te stuur. Ons het tot vandag toe nog nie ’n woord van die departement gehoor nie.”
Volgens Pickover het die organisasies hulle teen ’n muur vasgeloop. Die departement het belowe om ’n ondersoek te doen na die doen en late van die Mpumalanga parke-en-toerisme-owerheid (MTPA) en die uitgee van die jagpermit.
“En toe is alles stil. Ons soek terugvoering. Ons wil weet wie die ondersoek behartig. Buitendien het die MTPA, wat die jagpermit uitgereik het, al die prokureursbriewe aan hom geïgnoreer.”
Falcon het gesê die organisasies is woedend omdat hulle nie toegang kan kry tot die jagpermit nie en die feit dat die gejagte leeu se vel vir hulle weggesteek word.
“Ons is nou meer as ooit daarvan oortuig dat dit Skye is wat gejag is.”
Skye was die leier van ’n trop en geliefd by toeriste.
’n Woordvoerder van die departement het by navraag gesê die organisasies moet die kwessie oor die ondersoek met die DG se kantoor opvolg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie