Leeuplesier is terug
Lion Lager is terug – dié keer permanent.
Die bier, Lion Lager, wat die eerste keer in 1912 gebrou is en in die 1970’s en 1980’s SABMiller se topverkoper was, is sedert Augustus verlede jaar weer op drankwinkels se rakke, aanvanklik as ’n proefneming.
Maar hy het gou sy merk gemaak en volgens Anheuser-Busch InBev (AB InBev) rokkel Lion Lager markaandeel van goedkoop wyn en spiritualieë af.
Robyn Chalmers, direkteur van kommunikasie vir AB InBev en SAB, het op navraag gesê Lion Lager is aanvanklik as ’n beperkte aanbod beskikbaar gestel, maar dis nou hier om te bly.
Dié bier is die eerste keer in 1912 gebrou en was in die 1970’s en 1980’s SABMiller se topverkoper.
Dié handelsnaam bied ’n “waarde-opsie aan bierliefhebbers”, sê Chalmers. Dis deel van AB InBev se strategie om op alle prysvlakke en by alle geleenthede verbruikers iets in die hand te kan stop.
Lion Lager is die eerste keer in 1912 gebrou as huldeblyk aan Anders Ohlsson. Ohlsson het die ou Cape Breweries in 1889 gekoop en dit omskep in Ohlssons Cape Breweries, wat later deur SAB gekoop is.
Lion is begin 2000 van die mark gehaal, weer in Oktober 2000 bekend gestel en weer in Maart 2003 onttrek. Sedertdien het dit periodiek tydelik teruggekeer vir bemarkingsveldtogte oor Kersfees of Paasfees, onder meer in 2014.
Die bemarking van Lion gaan dalk nou ’n bietjie anders daar uitsien as vantevore, aangesien verbruikers se behoeftes verander het sedert Lion voorheen in die mark was, sê Chalmers.
Die bier is in ’n 750 ml-bottel, ’n 330 ml- inruilbare bottel, ’n sespak van 500 ml-blikkies en ’n 12-pak van 500-ml-blikkies by die meeste drankwinkels te koop.
Goeie verkope
AB InBev, wat SABMiller in 2016 oorgekoop het, sê in sy resultate vir die tweede kwartaal van sy boekjaar (tot einde Maart) sy inkomste uit Suid-Afrika het in die kwartaal met 13,4% gestyg. Die tydsberekening van Paasfees, wat in die tweede kwartaal van die jaar geval het, het die verkope ’n groot hupstoot gegee.
En dis nie net dat bierpryse gestyg het nie – Suid-Afrikaners het in die tweede kwartaal 10,8% meer van AB InBev se biere gedrink as in die somerkwartaal. AB InBev se inkomste per hektoliter het met 2,4% gestyg.
Vir die volle halfjaar het inkomste met 9,7% gestyg en inkomste per hektoliter met 5,1%. Die totale volume bier was 4,4% meer as in dieselfde helfte van 2016.
AB InBev sê Suid-Afrikaners proe lustig aan sy duurder, ingevoerde biere, Stella Artois en Corona. Budweiser word ook binnekort in Suid-Afrika bekend gestel.
Wat plaaslike biere betref, bly Castle Lite op die podium met ’n sterk styging in verkope vir die soveelste jaar.
Volgens AB InBev het Carling Black Label ook goed gevaar danksy mededingende pryse en goeie multi-mediabemarking by sokker.
Die suurlemoen- of appel-gegeurde bier Flying Fish het volgens AB InBev markaandeel gewen wat vantevore aan siders afgestaan is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie