Leeus brom, al ransel hulle Bulle af
Rugby
Christo Buchner - Die kloof tussen die noordelike bure het nou só wyd geword dat selfs 'n sege met 51-14 die Leeus laat brom dat hul vertoning net nie goed genoeg was nie.
Só iets sou mos 'n dekade gelede ongehoord gewees het in die gloriedae van die Bulle en vertel die verhaal van hoe die een span die leer van sukses geklim het in die laaste paar jare, terwyl die ander in vryval is na die donker dieptes van die rugbywêreld.
“'n Vertoning soos hierdie sal nie goed genoeg wees teen die Nieu-Seelandse spanne nie. Teen hulle moet jy vir 80 minute speel soos wat ons vandag in die eerste helfte gedoen het en nie uitsak in die tweede helfte nie,” het Johan Ackermann, die Leeus-afrigter, gesê nadat sy span sewe drieë teen twee teen die Bulle op Ellispark gedruk het.
“Daardie vertoning in die eerste helfte (die Leeus het toe reeds met 39-14 voorgeloop) was een van die bestes wat ek nog van die span gesien het, maar in die tweede helfte was dit teleurstellend en glad nie goed nie.
“Ons het toe heeltemal té veel kanse verlore laat gaan en jy sal nie só kan wen teen die Nieu-Seelandse spanne nie,” het Ackermann erken.
Wat die skouspelagtige terugkeer van die Springbok-vleuel Ruan Combrinck betref, het Ackermann gesê die besluit is geneem om hom te laat begin nadat Sylvian Mahuza laat in die week 'n beenbesering opgedoen het.
“Die logiese stap sou wees om Anthony (Volmink) van die plaasvervangerbank op te skuif, maar ons het 'n skopper met 'n linkervoet nodig gehad en daarom is Ruan toe ingebring,” sê hy.
Ackermann was ook vol lof vir die verbysterende vaart wat die vaskopstut Ruan Dreyer gewys het vir sy drie.
“As ek hy (Dreyer) was, sou ek oor en oor na daardie video-opname gekyk het. Dit was 'n baie spesiale drie,” sê hy van sy stut.
“Jy moes werklik seker maak dit was Dreyer wat gedruk het, want hy het genael soos 'n blitsige agterspeler in 'n stut se lyf vir daardie drie.”
Ackermann het ook die speler van die wedstryd, Kwagga Smith, se vertoning as “fenomenaal” beskryf.
Die agtsteman en kaptein, Warren Whiteley, het gesê hy het aanvanklik nie gedink die drie wat hy gedruk het was een nie.
“My oë was toe toe ek die bal gedruk het en ek het regtig nie gedink ek het dit gemaak nie,” het hy geglimlag.
KOELKOPPE ONTBREEK IN KINGS-NEDERLAAG
Nadat 'n mens die afgelope weke daaraan gewoond geraak het om te sien hoe druk die Southern Kings die een asemrowende drie ná die ander, was dit Saterdagaand byna 'n skok toe die Oos-Kapenaars dit nie doen nie, skryf Michael Green.
Die Kings kon net een drie – en dit boonop 'n strafdrie – in hul nederlaag van 10-19 teen die Brumbies in Port Elizabeth se Nelson Mandelabaai-stadion aanteken.
Dit kan deels aan die Brumbies se goeie verdediging toegeskryf word, maar ook aan foute aan die Kings se kant.
“Ons het genoeg geleenthede geskep, maar ons uitvoering was nie so goed soos dit kon wees nie,” sê Lionel Cronjé, die Kings se kaptein.
“Daar was 'n tydjie in die tweede helfte toe ons in hulle kwartgebied was, waar ons kon en moes druk.
“Die telling was toe 10-5 (vir die Kings) en ons kon dit na 17-5 gerek het en in 'n posisie gekom het waar ons die wedstryd kon wen.”
• Die naweek se ander uitslae:
Waratahs 50-23 Rebels; Sunwolves 17-38 Sharks; Force 6-55 Highlanders; Hurricanes 61-7 Cheetahs; Stormers 30-22 Blues; Chiefs 24-31 Crusaders. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie