Leeus erken hulle het stryd verloor om Marx te behou
Rugby
Christo Buchner – Die Leeus en Malcolm Marx se paaie gaan wel skei, ondanks dringende pogings van dié unie om hierdie superster te probeer behou.
Dit is uit die Leeu-kamp bevestig toe ’n woordvoerder van die unie Maandag gesê het “ons het alles in ons vermoë probeer, maar sy agent (Marx s’n) wou niks aanvaar nie”.
Die 25-jarige Springbok-haker wou Maandag ook nie veel uit sy oogpunt sê nie, behalwe om aan te dui dat daar nog sekere aspekte is wat afgehandel moet word. Hy wou ook nie praat oor sy jare by die Leeus en hoe dit nou voel om daardie deel van sy rugbylewe vaarwel toe te roep nie.
Marx is glo onderweg na rugby se nuwe land van melk en heuning, naamlik Japan.
Hy gaan daar vir die Kubota Spears speel, wat deur die eertydse afrigter van die Leeus en die Blou Bulle, Frans Ludeke, gebrei word.
Marx se kontrak met die Leeus sou aan die begin van Julie in werking getree het, maar daar is net nadat die tydperk van 21 dae waarin spelers hul kontrakte met hul bestaande unies kon prysgee, aangekondig dat hy een van die Leeus is wat groener weivelde gaan soek.
Nadat die Leeus in ’n kort verklaring van Marx afskeid geneem het, is daar egter omgeswaai en het hulle dit op ’n tegniese punt betwis en hom probeer behou.
Sy agent, BC du Plessis, het in ’n onlangse gesprek gesê dit kan ’n tydsame proses wees om op te klaar, maar berigte die afgelope naweek het dit gestel dat daar nou klarigheid is dat Marx se speeldae by die Leeus wel verby is.
Terwyl die Leeus nou berusting sal moet vind dat een van hul sterspelers nie meer deel van hul opset gaan wees nie, is daar darem die bemoedigende nuus dat nog ’n Leeus-Springbok, die losskakel en kaptein, Elton Jantjies, behoue bly.
Net voordat die venster-tydperk van 21 dae begin het, was daar sterk sprake dat hulle vir Jantjies ook sou verloor. Tot Leeus-vreugde was sy naam toe darem nie tussen diegene wat die Goudstad gaan groet nie.
Twee Franse klubs, Agen en Pau, was glo sterk agter Jantjies aan, maar hy het nie ’n kontrak met een van hulle gesluit nie en het besluit om steeds saam met die Leeus te bly brul. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie