Leeus saai amok
Volgens die ministerie vier mens-dier-konflik hoogty tydens droogtes.
Francoise Steynberg - ’n Trop van ses leeus is terug na die Etosha Nasionale Park ná hulle Saterdagnag ’n koei en ’n donkie in die gebied tussen Casablanca en Oshivelo gevang het.
Volgens mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, het die leeus uit Etosha ontsnap en die vee sowat 5 km buite Oshivelo gevang.
“Ons vra verskoning dat Etosha se heining in ’n swak toestand is en tot die voorval kon bydra.”
Muyunda sê mens-dier-konflik het die afgelope jare ’n groot uitdaging geword en weens die voortslepende droogte vererger.
Hy het ’n beroep op boere en gemeenskappe gedoen om die ministerie te help om mens-dier-konflik te bestuur deur voorkomingsmaatreëls na te kom.
“Vee moet snags in krale gehou word. Dit sal ons help om sulke ongelukkige voorvalle te voorkom, waarin mense hul waardevolle vee verloor.”
Die woordvoerder sê soortgelyke voorvalle is verlede week in die Kunenestreek aangemeld, waarin leeus vee gevang het.
“Die eerste voorval het op 21 Januarie op die plaas Arizona, suid van Hobatere, plaasgevind, waar leeus twee beeste gevang het. Die boere het die twee leeus geskiet terwyl hulle aan die karkasse gevreet het,” het Muyunda gesê.
Volgens hom het die tweede voorval op 22 Januarie in die Khowarib-gebied in die Anabeb-bewaringsgebied plaasgevind, waar drie leeus 17 bokke gevang het.
“Die derde voorval het op 23 Januarie by die Khowarib-pos plaasgevind toe vyf leeus, ’n mannetjie, wyfie en drie jong leeus agt bokke gevang het,” het hy gesê.
Die voorvalle in die Kunenestreek het volgens hom helder oordag plaasgevind toe die vee saam met ’n oppasser gewei het.
“Die ministerie werk onverpoos aan ’n oplossing vir die konflik. Ons doen ’n beroep op die publiek om kalm en geduldig te wees en reg nie in eie hande te neem nie,” het die woordvoerder gevra.
Muyunda sê al die sake word ondersoek om mense vir hul veeverliese te vergoed.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie