Leeus sink hul tande in Warriors
Sokker
Tielman van Lill – In ’n dolleë Orlando-stadion in Johannesburg is Namibië se Tafel Lager Brave Warriors gister ondanks moedige weerstand met 3-1 deur Senegal se sterbelaaide Leeus van Taranga gestuit.
Met dié sege het Senegal verseker dat geen uitdager in kwalifiserende groep H hom meer uit die 2022 Wêreldbeker in Katar kan hou nie, terwyl Namibië opnuut nie kon kwalifiseer nie.
“Met twee spelers in Senegal se geledere wat vir wenklubs in die Europese Kampioeneliga gespeel het – Sadio Mane en Edouard Mendy – het ons altyd geweet dis ’n hoë berg om te klim, maar ek is trots dat my spelers hul alles gegee het,” het afrigter Bobby Samaria agterna gesê.
“Die toekom vir Namibiese sokker lyk blink. Ons manne het gewys hulle kán sokker speel. Ons moet net ons foute verder beperk, want op hierdie vlak word elke fout gestraf. Ons het ook verskeie kanse geskep, maar kon hulle net een keer laat les opsê.”
Senegal se eerste doel in die 22ste minuut van die eerste helfte het ’n bietjie te maklik gelyk, toe ’n perfekte dwarsskop van ’n onbewaakte Sadio Mane (Liverpool) moeiteloos met ’n kopskoot verby doelwagter Loydt Kazapua geskiet is.
Die Warriors se begaafde kaptein, Peter Shalulile, het vyf minute later die twee Leeu-verdedigers voor hom en Edouard Mendy, doelwagter van Chelsea in die Engelse premierliga, met sy geskoolde linkervoet geflous en die telling gelykop gemaak.
Die Warriors se swak besluitneming en onakkurate dwarsskoppe voor die doelkas verby het hulle duur te staan gekom, terwyl ook nie een vryskop suksesvol benut kon word nie.
Ananias Gebhardt is kort voor rustyd beseer en deur Aprocius Petrus vervang. Terwyl sy span rustyd op 1-1 gaan planne beraam het, is Gabhardt hospitaal toe vir skanderings van sy regtervoet.
Skaars ses minute ná die hervatting, met die Warriors se verdediging oorhoops, slaan die Leeus met weer toe om met 2-1 die voortou te neem.
In die 63ste minuut het die humeure opgevlam en Aliou Cissé, hoofafrigter van Senegal, was verplig om op die veld te gaan om sy spelers te kalmeer. Veral Kalidou Koulibaly, kaptein van Senegal, was erg omgekrap, oënskynlik oor iets wat een van die Warriors-spelers gesê het.
In die 79ste minuut was Shalulile onsuksesvol met net die doelwagter voor hom in die doelkas toe hy die bal ’n bietjie te hoog geloods het.
Vir die Warriors was die wedstryd prakties gesproke in die 80ste minuut verby toe Senegal opnuut hul verdediging deurmekaar krap vir Famara Diedhiou, hul voorspeler wat sy klubsokker vir Alanyaspor in Turkye speel, om die bal moeiteloos verby Kazapua vir sy driekuns te stuur.
Samaria het agterna bygevoeg dat Namibië se doelwit verskuif na die bykans ewe groot uitdaging om sy twee oorblywende wedstryde in November (teen Kongo en Togo) te wen en tweede in Groep H te eindig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie