Leeus terug vir nuwe stoeiery vir punte

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Sodra die afskop­fluitjie blaas, sal die verlede vergete wees wanneer die skote klap in môre se ope­ningswedstryd van die SuperSport-uitdaagreeks in Windhoek, tussen die Windhoek Draught Welwitschias en die Goue Leeus.

Beide spanne sou straks in hul huiswerk in herinnering geroep het dat die Leeus die ooreenstemmende ontmoeting verlede jaar hier in die Hage Geingob-stadion net met tien punte (45-35) gewen het.

Met vyf drieë teen sewe, was die tuisspan nooit met meer as tien punte agter nie. Dié uitslag was veral bemoedigend nadat die Gautengers in onlangse jare twee honderdtalle uitgedeel het.

Die Namibiërs begin hul aanslag met Phil Davies, die nasionale afrigter vir die 2019 Wêreldbeker, wat ook op die provinsiale vlak die leisels oorgeneem het ná die vertrek van sy mede-Wallier Lyn Jones, wat merkbare vordering in die laaste twee seisoene vermag het.

In die voorseisoen het die Welwitschias reeds in drie harde, vinnige botsings teen die nasionale o.20-spanne van Argentinië, Suid-Afrika en Georgië gespeel.

Hoewel al drie wedstryde verloor is, was die beter aanpassing by die tempo ooglopend.

Afrigter Davies moes egter intussen rekening hou dat beserings hom van die gesoute veelsydige agterspelers Johann Tromp en JC Greyling, asook stut Desiderius Sethie en haker Obert Nortjé ontneem het. Volgens Davies behoort al vier egter binne 'n week of twee weer fiks en in berekening te wees.

Nortjé se besering bevorder Niël van Vuuren na die beginposisie, terwyl die onbekende klubspeler Gerhard Thirion van Trustco United as bystand nader geroep is.

Cliven Loubser, losskakel met 13 toetse agter die blad, maak sy provinsiale debuut in die 15-trui. Beide sy vleuels is ook nuwelinge, naamlik Peter-John (PJ) Walters, tevore van UJ en die Goue Leeus se Vodacombeker-span, en Chris Arries, voormalige sterspeler van die Namibiese o.20's wat ná 'n besering met 'n merkwaardige terugkeer na topvlak rugby besig is.

Die flank Prince !Gaoseb sal op die provinsiale vlak sy kleim wil afsteek ná sy drie seisoene met 'n junior kontrak by die Blou Bulle. Hy is terug in Windhoek, net soos die stut André Rademeyer wat sy rugby in die WP gespeel het.

Davies sê: “Die Leeus sal 'n goeie toets wees vir ons manne, wat dié week goed geoefen het. Ons strewe is om voort te bou op ons vertonings in die vaste fasette, om sterk te verdedig en om deurlopend balbesit te behou sodat ons druk kan opbou.”

Windhoek Draught Welwitschias: 15 Cliven Loubser, 14 Chris Arries, 13 Janry du Toit, 12 Darryl de la Harpe (kaptein), 11 PJ Walters, 10 PW Steenkamp, 9 Eugene Jantjies, 8 Adriaan Booysen, 7 Leneve Damens (onderkaptein), 6 Prince !Gaoseb, 5 Max Katjijeko, 4 Mahepisa Tjeriko, 3 AJ de Klerk, 2 Niël van Vuuren, 1 André Rademeyer.

Reserwes: Gerhard Thirion, Jason Benade, Ruan Ludick, Rohan Kitshoff, JC Winkler, Oderich Mouton, Chrysander Botha.



JEUGDIGE GAUTENGERS

Die Leeus stuur 'n bloedjong span om die reeks in Windhoek af te skop, skryf André Bester van Suparugby.

Die kaptein en gewese Cheetah-stut Danie Mienie is op 28 die senior lid van die span met die slot Ruben Schoeman (23) een van die min ander hardebaarde.

Nie die skrumskakel Dillon Smit, die senters Harold Vorster en Wandile Simelane óf die flank James Venter is in die span ingesluit nie.

Jeanluc Cilliers begin op losskakel om Shaun Reynolds se skoene vol te staan.

Die agtsteman Jo-Hanko (Pikkie) de Villiers en die vleuels Madosh Tambwe en Stean Pienaar is die gevaarmanne in die span.

Dis ook goeie nuus vir die Leeus dat die slot Reinhard Nothnagel weer beskikbaar is.

Die Leeus: 15 Shaun Baxter, 14 Madosh Tambwe, 13 Yanga Hlalu, 12 Eduard Fouche, 11 Stean Pienaar, 10 Jeanluc Cilliers, 9 Bradley Thain, 8 Jo-Hanko de Villiers, 7 Darrien-Lane Landsberg, 6 Oupa Mthiyane, 5 Reinhard Nothnagel, 4 Ruben Schoeman, 3 Chergin Fillies, 2 Pieter (PJ) Botha, 1 Danie Mienie (kaptein).

Reserwes: Tiaan van der Merwe, Keagan Glade, MJ Pelser, Travis Gordon, Jack Hart, Tyreeq February, Prince Nkabinde.

Die afskoptyd is om 16:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!