Leeus vang 12 bokke by Palmwag
Francoise Steynberg – ’n Bokwagter het Maandag op 12 dooie bokke naby Palmwag in die Kunenestreek afgekom wat vermoedelik deur leeus gevang is.
“Die bokwagter het die dooie bokke in die veld gevind, maar hy het nie die leeus gesien nie,” het die voorsitter van die Torra-bewaringsgebied, mnr. Tommy Adams, vanoggend aan Republikein gesê.
“Ons vermoed die bokke is deur leeus gevang, want die spore van drie leeus is in ’n kraal gevind.”
Adams sê in die kraal was egter geen dooie bokke nie.
Hy sê die mens-dier-konflik voorval is by die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme aangemeld.
Sowat twee maande gelede was daar ook ’n tragiese geval van mens-dier-konflik in die omgewing by Spaarwater, suid van Palmwag, waar dit soos ’n slagveld gelyk het, met 33 dooie bokke, asook ’n dooie leeuwyfie, ’n luiperd, ’n bruin hiëna en ’n hond.
‘DROEWIG’
Sulke veeverliese weens mens-dier-konflik is ’n groot slag vir gemeenskappe in landelike gebiede, juis omdat hulle weens die Covid-19-pandemie geen inkomste meer van toerisme ontvang nie.
“Dit gaan droewig met ons in die gebied sonder toeriste,” het Adams gesê.
“Ons het nou ons laaste N$100 000 in die bewaringsgebied om salarisse te betaal, dan is daar niks meer oor nie.”
Adams sê hy is dankbaar dat die regering, private organisasies en maatskappye en ander buitelandse skenkers finansiële hulp aan die bewaringsgebiede verskaf het.
“Al die bewaringsgebiede het elk N$300 000 ontvang. Ons onkoste wissel van tussen N$100 000 tot N$120 000 per maand, afhangend hoe groot die bewaringsgebied is,” het hy verduidelik.
“Ons gaan juis ons verslag vandag indien wat wys dat die geld tot op die sent doeltreffend aangewend word.”
Volgens Adams dek dié bedrag slegs die maandelikse salarisse van die werkers in bewaringsgebiede, wat die veldwagters insluit.
“Die veldwagters is ons grootste prioriteit. Hulle moet in die veld wees om te voorkom dat wildstropery nie plaasvind nie,” het hy verduidelik.
“Ek haal my hoed af vir die veldwagters wat in hierdie moeilike omstandighede werk,” het Adams afgesluit.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie