‘Legacy’-reeks stampvol treffers op YouTube te hoor
’n Hele versameling van die beste musieknommers uit 22 jaar van RMB Starlight Classics se bestaan is nou vir die publiek beskikbaar gestel. Dié Legacy Series is op YouTube en dus gratis.
Meer as 30 sterre wat oor die jare saam met Suid-Afrikaanse orkeste in dié gewilde konserte opgetree het, kan in vier episodes gehoor word.
Onder dié musici is die pianis Charl du Plessis, die rocker Karen Zoid, Afropop-sangers soos Lira, Zahara, Zolani Mahola en J’Something, die jongeling Joshua Bouwer, asook Gaston Rivero, Siyabonga Maqungo en die opera-sensasie Pretty Yende se suster Nombulelo Yende.
Benewens die bekende Richard Cock, wat die uitvoerings met sy gebruiklike sjarme gelei het, was Brandon Phillips, Chad Hendricks en Unathi Malunga op die dirigeerpodium.
Carolynne Waterhouse van RMB sê in ’n verklaring dit is vir dié bank “allerbelangrik om die kreatiewe ekonomie in die land lewend te hou in ’n tyd dat die kunstenaars wat vir ons soveel vreugde bied, verhinder word om mense byeen te bring en gehore met hul lewende vertonings te inspireer”.
Die opnames is gemaak van optredes in die Johannesburg-buiteklub en die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes.
Só lyk die vier programme:
EPISODE 1
New World Symphony van Dvorak met Du Plessis en die Johannesburg-feesorkes; Love Potion met Mafikizolo en die Soweto-gospelkoor; “Ah! Je veux vivre”, aria uit Romeo and Juliet van Gounod uitgevoer deur Yende; “Small Room” deur Zoid en Afrikariz; “Stars” uit Les Misérables gesing deur Bongani Khubeka; “I Will Survive” met Thembeka Mnguni; en die bekende “Nessun dorma”-aria uit Turandot van Puccini deur Rivero en die Chanticleer Singers.
EPISODE 2
Toccata in D mineur van Bach met Du Plessis en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO); “Ntjilo Ntjilo” met Sunnyboy Dladla, Cecilia Rangwanasha en Lira; “Un bel di” uit Madame Butterfly van Puccini deur Rangwanasha; “Perfect Symphony” met J-Something en Sipho Fubesi; “Natural Woman” met Zoë Modiga; die Napolitaanse lied “Torna a Surriento” deur Dladla; en “Cruel, Crazy, Beautiful World” gesing deur Siki Jo-An en Lee Scott.
EPISODE 3
“Never Enough” deur Yende; “Sugarman” deur die sanger Ard Matthews en kitaarmeester Juan Oosthuizen; “The Typewriter”, ’n werk deur Leroy Anderson waarin ’n tikmasjien as perkussie-instrument ingespan word, gespeel deur Magda de Vries saam met die KFO; “Phendula” met Zahara en die Chanticleer Singers; “Dein is mein ganzes Herz” uit die operette Land des Lächelns (Glimlagland) van Franz Lehár deur die sanger Jacques le Roux; en “When You’re Smiling” deur Bouwer.
EPISODE 4
Piazzolla se Libertango met Karendra Devroop, “Fire is low” met Mahola; “Musetta se wals” uit La Bohème van Puccini gesing deur Lynelle Kenned; “Toe vind ek jou” met Zoid en die Drakensberg-seunskoor; “Votre Toast”, bekend as die “Toreador”-lied uit Carmen van Bizet, gesing deur Kubheka en die Kaapstad-operakoor; “The Prayer” met Kenned, Maqungo, July Zuma en Dladla; en “Something Inside So Strong” met Lira en die Mzansi-jeugkoor.
• Om hierna te luister, gaan na Google, tik in RMB Starlight Classics Legacy Series en die vier episodes sal op jou skerm verskyn.
– Netwerk24
FOTO’s
Charl du Plessis voor die klavier. Foto’s Netwerk24
Die jong sanger Joshua Bouwer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie