Legendariese Aussie ’n gas by Kus Ope
Muurbal
Sarah Fitz-Gerald, gewese vyfmalige wêreldkampioen en huidige visepresident van die Wêreldmuurbalfederasie (WSF), sal die eregas wees by die gesogte WB Hardware Kus Ope muurbaltoernooi wat Vrydag by die SFC-klub in Swakopmund begin.
Fitz-Gerald (50), ’n Australiër, het die junior wêreldkampioenskaptitel in 1987 gewen en voortgegaan om in 90 eindstryde te speel en 62 titels op die Wêreldvrouetoer te wen.
Sy het in 2002 haar vyfde Wêreld Ope-titel gewen en het dieselfde jaar ook die goue medalje by die Statebondspele in Manchester verower. Sy was nommer een op die wêreldranglys vir ’n totaal van 40 maande van 1996 tot 2003 en het in ’n stadium 71 opeenvolgende wedstryde gewen.
In 2003 het sy haar uittrede op die Internasionale Vrouemuurbalspelersvereniging (WISPA) se wêreldtoer aangekondig en die volgende jaar is sy in die WSF se eresaal ingesluit. Sedertdien het sy ook reeds vier wêreldtitels op die Wêreldmeesters-reeks ingepalm.
Sy is reeds vir die laaste dekade die president van WISPA en is in November 2016 tot visepresident van die WSF verkies.
Mnr. Rudi Koekemoer, voorsitter van beide SFC muurbalklub en die Namibiese Muurbalvereniging, sê dit is ’n groot eer om só ’n legende van die sport op Swakopmund te verwelkom.
“Haar blote teenwoordigheid sal ons jongelinge en die groter muurbalgemeenskap inspireer,” sê hy.
“Namibië was lank op Sarah se wenslysie en sy sê sy is baie opgewonde om die land se natuurwonders te besoek en te beleef.”
Sarah en haar man, Cameron, het op uitnodiging van die SFC-klub vir die Kus Ope ingeskryf en sal meeding in een van die sterkste spelersgroepe in die geskiedenis van die toernooi – veral aan die manskant.
Van Namibië se beste manspelers wat vir die toernooi ingeskryf het, sluit in Kyle Kriel, Max Endjala, Devon Savage, Brandon Grane, Sven Gruttemeyer, Henry Smit, Andrew Fourie, Immanuel Amarongo, Arno Diekmann, Angelo Titus, Steven Berry, Wynand Labuschagne, Wilco Aschenborn, Nelson Herunga, Joshua Wood, Dylan Spencer, Dirk van Niekerk, Arno Kok, Leslie Bosman, Hein Bam, Ferdie Malherbe, Stocky van Horsten, Christof Knoetze en Christopher Hill.
Die voorste aanspraakmakers op die vrouetitel is Judy Savage, Delia van Zyl, Dené van Zyl, Charne Fourie, Christiane Beulker, Carla Venter, Tessa Rossouw, Sumari Jans, Kirsten Wolhuter en Hendrina Louw.
Die publiek is genooi om die spelers te kom ondersteun en om die feestelikheid te geniet wat vir die naweek beplan is. Wedstryde sal ook regstreeks op die Facebook-blad van SFC Squash Club gebeeldsend word.
Die 2019 Kus Ope dien as ’n platform om die topagt muurbalspelers in Namibië te bepaal wat aan die einde van November aan die Coach Sean Uitnodigingstoernooi by die Wanderers-muurbalklub in Windhoek gehou word. Tesame met die Namibiese Ope wat vir April 2020 geskeduleer is, is dit die geleentheid waar die beste moontlike nasionale span vir deelname aan internasionale toernooie saamgestel sal word.
’n Spesiale woord van dank word uitgespreek teenoor Danie Jansen van WB Hardware wat die borg vir die toernoio is.
Die organiseerders waardeer ook die borge wat Sarah en Cameron se koms uit Australië moontlik gemaak het, naamlik Lientjie Koekemoer van Visions Consulting wat die vliegkaartjies geborg het, Wilco Aschenborn van Desert Sands Boutique Bed & Breakfast wat die verblyf borg en Pupkewitz Motors vir ’n voertuig om tydens hul besoek te gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie