Lehmann klaar met sosiale media nadat krakers op sy blad toeslaan
Krieket
Darren Lehmann, voormalige afrigter van die Australiese krieketspan, is vir eers klaar met sosiale media nadat kuberkrakers toegang tot sy Twitter-rekening gekry en “walglike” inhoud, waaronder boodskappe waarin Iran beledig word, daarop gepubliseer het.
Sport24.co.za berig die 49-jarige Lehmann rig tans die Brisbane Heat in die Australiese Big Bash-liga af en was Maandag by 'n wedstryd teen die Sydney Thunder betrokke toe die voorval plaasgevind het.
News18.com berig Lehmann se rekeningnaam is na “Qassem Soleimani | F** Iran” verander.
Genl.maj. Kassem Soleimani, Iran se militêre bevelvoerder, is verlede week in 'n Amerikaanse sluipmoordaanval dood. Verskeie boodskappe wat beledigend teenoor Iran is, is daarna geplaas.
“Om te sien hoe sulke walglike en aaklige menings in my naam uitgespreek word, het my en my gesin vreeslik ontstel. Ek het besluit om vir die afsienbare toekoms 'n blaaskans van sosiale media te neem,” het Lehmann aan sy 341 000 volgelinge gesê.
“Hoewel ek dadelik opgetree het die oomblik wat ek hiervan bewus gemaak is, het dit Twitter tot vanoggend geneem om die probleem op te los.”
Die Brisbane Heat het ook in 'n verklaring om verskoning gevra indien dié episode enigiemand aanstoot gegee het.
Lehmann het verlede jaar as Australië se afrigter bedank nadat die balpeutery-skandaal op Nuweland wêreldkrieket geruk het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie