Leiers loop op eiers
Leiers loop op eiers

Leiers loop op eiers

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Is dit nie 'n absolute lagwekkende en skandelike sirkus om aand na aand te sit en kyk hoe Namibië en Suid-Afrika se sogenaamde leiers sit en hakkel en stotter in hul wanhopige pogings om vrae so te omseil dat hul nie hulself of hul comrades op die spot plaas oor die hebsug en korrupsie wat nou met 'n vangnet uit die water gesleep word nie?

Die een praat met 'n toffie in die kies, sodat niemand kan uitmaak wat hy sê nie en die ander een eh-eh-eh-eh-eh-eh sonder ophou met so hier en daar 'n verstaanbare woord wat in sinskonteks geen sin maak as jy die eh-eh-eh gebrabbel sou verwyder nie.

Geen vrae word geantwoord nie.

Alles word ge-investigate en elke investigator word ge-investigate en almal is onskuldig tot skuldig bevind en daar is altyd nog informasie wat na vore kom, wat nog 'n investigation regverdig. Resources is te min om te investigate, want resources is en word gesteel.

Kapasiteit is min, want niemand doen waarvoor hy betaal word nie, en kundigheid is skaars, want die mees onbevoegde comrades word doelbewus aangestel om te verseker dat hulle nie te slim stelsel bekend stel en ondersoeke van stapel stuur wat dalk die comrades aan die ­bokant van die korrupsie- en steelketting sal blootstel of kniehalter in hul pogings om die land totaal te vernietig nie.

Maar genoeg kundigheid om 'n doring in die skoen soos Nelius te verplaas na 'n plek waar hy nie insae in die gekonkel kan hê nie en nie meer kan krap waar hulle jeuk nie.

Los die Zondo-kommissie en al die rade van ondersoek daar en hier ter plaatse. Julle mors jul tyd. Daar is tans 'n helse geskarrel in die hoenderhok, of liewer die aasvoëlhok, tussen die comrades om sake so te stel dat niemand iets inkriminerend van 'n ander comrade sê nie, want dan sal alle hel op hom neerdaal en sy kitsrykdom en senior regeringspos sal wegval en hy land dalk met sy duur vuurwa en al in die tronk saam met die spannetjie aasver­kopers wat reeds daar sit om hul stil te hou.

Dit gaan makliker wees om die kasregister se laai toe te klap en die wie se vingers nie raakgeslaan word nie te behou en eenvoudig die res almal toe te sluit as om met die geld- en tydmorsondersoeke voort te gaan. Dis natuurlik te sê as daar iemand oorbly wat nie met 'n blou nael uit die toeklapaksie gaan kom nie.

Ek vermoed daar is min, indien enige in die senior stoele wat nie op die een of ander manier wel al deur sy posisie en sy partyverbintenis op 'n manier korrup bevoordeel is nie en dit is waarom daar niks gebeur nie. As een sy mond oopmaak, val die hele kaartehuis inmekaar, so almal moet saam met die tydkoopaksie gespeel en die wat nie op die lyn bly nie, sal saam met die aasver­kopers sit en stilgehou word tot hulle maniere geleer het of van ouderdom omkom.

Ek kan my verluister aan die absolute tydmors met woorde om die tyd van die onderhoud te laat verbygaan sonder om een vraag te antwoord.

Mister Jackal, is Minister X guilty of the allegations? Your answer please in a simple yes or no?

E-eh-eh-eh-eh-eh. You know . . . Eh-eh-eh-eh-eh. The issue is like this . . . Eh-eh-eh-eh-eh. Before one can answer that question, eh-eh-eh-eh-eh there is currently a Covid eh-eh-eh-eh-eh and we eh-eh-eh-eh put in place a panel to investigate eh-eh-eh-eh-eh and that panel are now under investigation . . . E

Eh-eh-eh-eh . . . and Apartheid played a role . . . eh-eh-eh-eh-eh and you must furthermore remember that eh-eh-eh resources are scarce eh-eh-eh-eh and capacity building must take place eh-eh-eh-eh-eh and government's vision on that matter eh-eh-eh-eh proposes a new investigation eh-eh-eh-eh so thats the answer to that question eh-eh-eh . . .

And thank you for the opportunity to provide clarity on that very important issue.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!