Leiers slaan vure dood
Leiers slaan vure dood

Leiers slaan vure dood

Humeure vlam op soos Swapo-lede om politieke poste by streekskonferensies wedywer.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Tydens 'n spesiale vergadering van Swapo se politburo verlede Woensdagaand is spanne saamgestel en opdrag gegee om ondersoek in te stel na ontstuimige streekskonferensies waar lede van die party verteenwoordigers vir hul komende sesde kongres moet kies.
Dit kom nadat verskeie van hierdie streekskonferensies ontaard het in bloedneusgevegte soos lede mekaar stamp en stoot om voor in die ry vir politieke poste te staan.
Van hierdie gevegte het só ontaard dat die Namibiese polisie ingeroep is om wet en orde te probeer herstel en toe te sien dat lede mekaar nie aanrand nie.
Die politburo het drie spanne, gelei deur Swapo-hoës, byeengeroep om die Omaheke-, Oshikoto- en Khomasstreek te besoek om die vrede daar te bewaar.
Die span vir die Omahekestreek bestaan uit mnre. Theo-Ben Gurirab, Marco Hausiku, dr. Libertina Amadhila en me. Katrina Hanse-Himarwa.
Hulle moet vasstel of the regte prosedures vir distriksvergaderings in Otjinene, Otjombinde, Aminuis en Okorukambe gevolg is.
spanne ontplooi
Die Oshikoto-span moet toesien dat die party se grondwet gevolg is ná ­buitengewone distriksvergaderings.
Hulle moet ook vasstel of klagtes teen streeksleiers geldig is en moet verdeling tussen lede van die streek se uitvoerende komitee en sekere streeksraadslede ondersoek.
Die Oshikoto-span bestaan uit mee. Laura McLeod-Katjirua, Netumbo Nandi-Ndaitwah, mnr. Alpheus !Naruseb en die afgetrede generaal-majoor Charles Namoloh.
Die span vir Khomas moet vasstel of die party se reëls nagekom is tydens die onlangse streekskonferensie.
Die Khomas-span bestaan uit mnre. Nahas Angula, Erkki Nghimtina en Immanuel Ngatjizeko.
“Die politburo glo behoorlike aandag aan kwessies sal eenheid in die party versterk slegs as dit behoorlik gedoen word,” het dié partyliggaam gesê.
Swapo-leiers het ook verlede Donderdag met die geaffilieerde Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) vergader om vakbondlede wat afgeskeep voel, te paai.
By dié vergadering, wat deur vakbondleiers mnre. Ismael Kasuto, Desley Somseb, Eben Zaaronda en me. Asnath Zamuee bygewoon is, is ooreengekom dat die NUNW ses afgevaardigdes na November se Swapo-kongres kan stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!