‘Leiers twis terwyl dorp vergaan’

Terwyl ’n stryery onder ’n noordedorp se raadslede reeds twee inhuldigingseremonies ontspoor het, meen die gemeenskap hulle laat die dorp in die steek.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Grootfontein sal binnekort ’n nuwe burgemeester beëdig nadat dié noordedorp se voormalige burgemeester, me. Lovisa Iyambo, besluit het om die tuig – vir eers – neer te lê.

Haar besluit om die leisels aan me. Talitha Garises oor te gee, kom ná ’n dooiepunt bereik is en onenigheid onder die dorp se politieke leiers ontstaan het omdat nuwe munisipale raadslede nog nie vanjaar beëdig kon word nie.

Iyambo het Vrydag tydens ’n openbare vergadering gesê sy lê die tuig neer ter wille van eenheid, inklusiwiteit binne Swapo en dienslewering aan die inwoners van die dorp.

Sy sê op 28 November verlede jaar het Swapo se uitvoerende streekkomitee ’n vergadering belê om sy ampsdraers na die Grootfontein- munisipale raad af te vaardig.

“Tydens die vergadering is ek eenparig genomineer om as die burgemeester van Grootfontein se munisipale raad te dien.

“Tog was een kameraad egter gegrief deur die demokratiese proses en het dit aanleiding tot die dooiepunt in die beëdiging van die raadslede gelei,” het sy gesê.

“Ek het besluit, ná konsultasies met die senior leierskap van die distrik asook op streekvlak, dat ek as verkose burgemeester van die dorp, opsy sal staan.”

Sy het gesê sy sal dit doen al het sy die meeste stemme gehad omdat sy bereid is om kompromieë ter wille van die party aan te gaan, soos sy al vantevore gedoen het.

Volgens haar het sy in 2010 óók opsy gestaan sodat ander persone lidmaatskap van die streekraad kan opneem, al was haar naam vierde op die lys.

“Ek is in 2012 as die streeksekretaris vir die vroueraad verkies en moes steeds kompromieë vir ander aangaan. In 2019 is ek genomineer vir Swapo se kieskollege; weer moes ek terugstaan sodat ander dié portefeuljes kan inneem,” het sy gesê.

Die stryery onder raadslede het sedert die begin van die jaar reeds twee beplande inhuldigingseremonies van raadslede by die munisipaliteit omver gegooi – soveel so dat Swapo se uitvoerende streekkomitee asook die streekkomitee self moes ingryp.

Die munisipaliteit het erken hulle het Iyambo se bedankingsbrief ontvang en ’n datum vir die beëdiging van die nuwe raadslede sal binnekort bekend gemaak word.

INWONERS

Intussen het inwoners van die dorp gesê hulle is bekommerd daaroor dat leiers vir die posisie van burgemeester veg, “maar nie eens die dorp kan regmaak nie”.

“Hierdie mense weet nie wat hulle doen nie. Hulle moet eerste ons dorp regmaak,” het ’n inwoner gesê wat anoniem wou bly.

Inwoners kla dat daar nie een week verbygaan wat daar nie ’n krag- of wateronderbreking is nie, terwyl die strate vol slaggate is, rou riool deur informele nedersettings loop, tuin- en ander vullis glo op elke straathoek lê en straatverkopers op enige plek stalletjies opslaan.

Ten spyte daarvan dat die munisipaliteit verlede jaar ’n “regrukplan” vir die dorp aan die publiek voorgelê het, meen inwoners daar sal niks van kom nie.

Mnr. Asser Nangolo, wat ’n konstruksiemaatskappy op die dorp het, sê munisipale werkers is “salarisversamelaars” wat geen verantwoordelikhede nakom nie en geen dienste lewer nie.

“Ek het die uitvoerende hoof, die burgemeester asook die bestuur al telkemale oor die dorp se probleme genader; dit help nie. Hulle maak leë beloftes.”

Nangolo beweer tenders vir dienslewering word ten duurste aan “swak maatskappye” gegee omdat hulle “vriende” in die munisipaliteit het.

“Hulle betaal ’n maatskappy miljoene om vullis te verwyder in plaas daarvan om hul eie voertuie te herstel en lisensieskywe te hernu,” het hy gesê.

Hy is veral gegrief oor die toestand van die dorp se paaie, wat op sekere plekke onrybaar is.

Nangolo sê die situasie het vererger sedert die reënseisoen begin het. “Die paaie breek ons karre. Jou kar sal vasval in die water binne die diep slaggate.

“Daar is geen vooruitgang op die dorp nie, alles gaan net ten gronde. Hierdie leiers het geen hart vir hul gemeenskap nie; hulle is net hier om hulself te verryk,” meen hy.

ONBEANTWOORD

Republikein het in Desember verlede jaar vrae aan die munisipaliteit se uitvoerende hoof gerig na ’n brief met klagtes oor swak dienslewering op die dorp ontvang is. Geen reaksie is tot dusver ontvang nie.

In die brief skryf mnr. Antage Tsuseb “namens inwoners van Grootfontein” dat hulle nie die rasionaal daarvan verstaan om private maatskappye te huur om die dorp skoon te maak of slaggate te herstel, terwyl dit oor ervare en gekwalifiseerder werkers beskik wat dit kan doen nie.

“Buiten vir die administratiewe personeel, is daar sowat 200 persone op die salarisrol wat hul volle salarisse ontvang, maar nie benut word nie. Tegniese werkers sit en niks doen nie, kom sowat 07:30 werk toe en gaan 09:00 huis toe, want daar is niks om te doen nie. Die munisipale vloot in die werkswinkel staan met meganiese foute en onbetaalde lisensieskywe,” het Tsuseb geskryf.

Inwoners het verlede jaar meer as een keer opgeruk na die munisipaliteit oor swak dienslewering, terwyl die dorp die afgelope tyd gereeld in die nuus was oor onder meer ’n verdoemende verslag deur die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling oor munisipale sake, waarin grootskaalse korrupsie beweer word, asook verskeie swak (gekwalifiseerde) ouditmenings van Namibië se ouditeur-generaal. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.12 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.95 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!