Leierskap vir jukskei gekies
Leierskap vir jukskei gekies

Leierskap vir jukskei gekies

Jukskei
Andrew Poolman
Namibië Jukskei het onlangs suksesvolle jaarvergaderings vir sy verskillende afdelings gehou waar die volgende besture vir die 2017-2018 seisoen gekies is.

Namibië Jukskei se raad word gelei deur Erik Strauss wat vir die eerste keer as president by sy voorganger mnr. Gert Aggenbach oorneem en ook as bemarkingsbeampte sal diens doen.

Sy visepresident is Michael Duvenhage, met steun van vier direkteure Estelle Viljoen (administrasie), Gert Aggenbach (finansies), Johan Viljoen (streke en toernooie) en Christie Horn (ontwikkeling).

Die voorsitter van Junior Jukskei is Christie Horn, met Francois Boshoff as ondervoorsitter en Retha Horn as sekretaresse. Die bykomende lede is Michael Duvenhage en Jaco Groenewald

Die skeidsregtersvereniging se voorsitter is Francois Boshoff, met Fanna van Wyk as ondervoorsitter en Elize Steynberg wat as sekretaresse optree.

Die nasionale keurders is Gert Aggenbach, Gieliana Boshoff, Michael Duvenhage, Boelie Thornburn, Thys Smit en Christie Horn (juniors).

Erik Strauss het in sy bekendmaking al die verkose lede gelukgewens en voorspoed met die nuwe seisoen toegewens.

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!