Leierskapkrisis in ELCRN duur voort
Leierskapkrisis in ELCRN duur voort

Leierskapkrisis in ELCRN duur voort

Eenstemmigheid nie bereik
Henriette Lamprecht
Catherine Sasman

Die omstrede maat­reëls van die verkiesing van nuwe kerkraadslede in Februarie, het tot ’n buitengewone sinodesitting van die Evangeliese Lutherse Kerk in die Republiek van Namibië (ELCRN) op Okahandja gelei.
Die doel was om oor die pad vorentoe te besin en die besluit is geneem om die termyn van die voormalige kerkraad tot aan die einde van Augustus te verleng. Die voormalige kerkraad is ook aangesê om ingevolge dié kerk se nuwe grondwet vir nominasies te vra en ’n nuwe kerkraad te verkies. Die verkiesingsproses moet voor die einde van Augustus afgehandel wees. Dit volg nadat biskop Ernst //Gamxamûb en die kerk se leiers vroeër aangedui het dat die buitengewone sinode nié die verkiesing sal herroep nie en bloot as platform sal dien waar die onderskeie faksies binne die kerk oor die pad vorentoe tot ’n vreedsame vergelyk kan kom.
Die waarnemende voorsitter van die ELCRN-sinode, past. Michael /Uirab, sê in ’n verklaring die drie dae lange vergadering op Okahandja het nie tot konsensus gelei oor hoe die leierskapskrisis in die kerk hanteer moet word nie. Hy sê die resolusies is nietemin deur die meerderheid van afgevaardigdes aanvaar. /Uirab sê aangesien hierdie sinode-besluite finaal en bindend is, word van alle gemeentes, ringe en sinodale instellings verwag om dit te respekteer en toe te sien dat dit uitgevoer word. Hy sê dié lede van die kerkraad wat deur die ongerymdhede tydens die verkiesing beïnvloed is, het ook intussen biskop //Gamxamûb se verskoning daarvoor aanvaar. Die biskop is daarvan be­skuldig dat hy onreëlmatig ingemeng het in die verkiesing en die nuutverkose kerkraad eensydig verwerp het. Die nuwe kerkraad het //Gamxamûb en die verkiesingsbeamptes daarvan beskuldig dat hulle nie toegesien het dat regverdigheid en ­geregtigheid geskied nie en sodoende die wese en beeld van die kerk vernietig het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!