Leierstwis in Nabta saai verwarring
Nabta se uitvoerende komitee het die vereniging gedistansieer van sy president.
Augetto Graig – Die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) se uitvoerende komitee dring aan dat geen optog komende Woensdag gehou sal word nie.
Dit ten spyte van 'n aansoek verlede week vir toestemming van minister John Mutorwa van werke en vervoer, vir 'n protes teen die gebruik van privaat sewesitpleksedanvoertuie vir langafstandpendel, deur Nabta se president, mnr. Vespa Muunda.
Nabta se visepresident, mnr. Jeffrey Platt, is onwrikbaar dat Muunda nie meer die president van Nabta is nie, nadat laasgenoemde se appèl teen 'n 2016-hofbevel op 15 September vanjaar finaal misluk het.
Volgens Platt het Muunda sy kantoor oneer aangedoen deur sy onproseduurlike optrede, selfbevordering en onreëlmatige gedrag, “wat nou kookpunt bereik het en nie langer intern gehou kan word nie om die vereniging te red en aan sy doelwitte te voldoen,” sê hy.
Mutorwa het in elk geval nie die aansoek goedgekeur nie omdat toestemming vir betogings vanaf die Namibiese polisie versoek moet word. Mutorwa het egter aan Muunda laat weet dat die Padvervoerraad van Namibië binnekort 'n beslissing oor onlisensieerde sewesitplek sedanvoertuie se gebruik vir langafstandpendel sal bereik.
Platt en die uitvoerende komitee het hul medelye uitgespreek met die onlangse verlies van sewe lewens in 'n botsing waarin 'n sewesitplekvoertuig betrokke was en het opnuut die minister versoek om dié praktyk onmiddellik te laat stopsit.
Die uitvoerende komitee het hom sterk uitgespreek teen Muunda en sy “taakmagkomitee”, waarop mnre. Martin Kennedy en Gottlieb Shapange blykbaar dien.
Platt sê enige “taakmagkomitee” is onwettig, gebruik die Nabta-briefhoof sonder toestemming en moet ophou met 'n beweerde poging om 'n nasionale kongres te reël. Hy sê alle toekomstige Nabta-kommunikasie mag slegs van die nasionale sekretaris mnr. Pendapala Nakathingo of van Platt self kom.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie