Leister verskyn nou in streekhof

Adolf Kaure
Adolf Kaure op Swakopmund – Mnr. Glenn Clifford Leister (27) het Woensdag weer vlugtig in die landdroshof in Swakopmund verskyn.

Leister word daarvan beskuldig dat hy 'n 15-jarige meisie verkrag het wat in die Swakopmundse ruskamp besig was om van Covid-19 te herstel.

Landdros Nelao Brown het die saak na die streekhof oorgeplaas en dit daarna tot 29 Oktober uitgestel.

Woensdag was Leister se tweede hofverskyning aangesien hy Maandag reeds in die hof verskyn het. Met sy eerste verskyning was die aanklaer-generaal (AG) se beslissing nog hangend. Staatsaanklaer Johannes Shangadi het tydens die tweede hofverskyning aan landdros Brown gesê die AG het 'n besluit geneem.

Leister het aangedui hy sal sy huidige regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, behou – al was hy Woensdag afwesig.

“Ek sal die prokureur behou wat ek het,” het die beskuldigde gesê, wat tydens 'n vorige verhoor in September onskuldig op die aanklag gepleit het.

Leister bly in aanhouding by die aanhoudingselle in Swakopmund tot sy volgende hofverskyning. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!