Lekker in die paradys: Dié 5 goed moet jy weet
Francois Williams - Bermuda, die Kaaiman-eilande, die eiland Man, die Maagde-eilande, Mauritius – hoe eksotieser hoe beter.
Dit klink soos die paradys, vandaar dus die naam Paradise Papers vir die jongste lekkasie van 13,4 miljoen dokumente waaroor die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste (ICIJ) die naweek begin berig het.
Hier is so ’n paar goed wat jy moet weet:
1. Appleby Global Group Services is die naam van die regsfirma van Bermuda wie se dokumente uitgelek is.
Appleby bied aflandige regsdienste vanuit tien kantore, wat Bermuda, die Britse Maagde-eilande, die Kaaiman-eilande, Guernsey, die eiland Man, Jersey, Mauritius en die Seychelles insluit, asook in Hongkong en Sjanghai. Die groep het 470 werknemers. Hy het ’n filiaal, Estera, wat superrykes help met rekeningkundige dienste en die stig van trusts en fondse.
2. Paradise Papers is die naam van die data-lekkasie.
Dit is ’n woordspeling op die vorige groot data-lekkasie van 2015 genaamd die Panama Papers – dit was 11,5 miljoen dokumente met finansiële en regsinligting van meer as 214 488 aflandige entiteite van die Panamese regsfirma Mossack Fonseca.
3. Koningin Elizabeth II van Brittanje word ook genoem in die Paradise Papers.
Sowat £10 miljoen van haar private geld is in fondse in die Kaaiman-eilande en Bermuda belê. Die geld is herbelê in verskeie ondernemings, insluitend die omstrede kleinhandelaar BrightHouse wat daarvan beskuldig word dat hy armes uitbuit. Dis ook belê in ’n reeks drankwinkels wat later bankrot gespeel het. Die koningin se beleggings is heeltemal wettig, maar die lekkasie ontlok vrae of dit van pas is vir die Britse monarg om in aflandige belastingtoevlugsoorde te belê.
4. Reaksie
Appleby sê in ’n mediaverklaring hy is ’n aflandige regsfirma wat kliënte op wettige maniere adviseer hoe om hul sake te doen. “Ons verdra nie onwettige optrede nie.” Luidens die verklaring het Appleby enige bewerings deeglik ondersoek en is hy tevrede dat daar geen bewyse van misdaad is by sy kliënte of by die regsfirma self nie.
5. Waaroor die bohaai?
Hoewel die lekkasie straks geen eksplisiete misdaad ontbloot nie, hang daar reuse-vraagtekens oor die rol van aflandige belastingtoevlugsoorde om die ongelykheid tussen ryk en arm in die wêreld te vergroot en in stand te hou, en om armer lande in Afrika te “beroof” van hul regmatige belastinginkomste.
Oudpres. Thabo Mbeki, wat voorsitter was van ’n paneel van die Afrika-unie wat onwettige geldvloei uit Afrika ondersoek het, het in 2015 gesê Afrika het oor die afgelope 50 jaar meer as US$1 000 miljard verloor weens internasionale maatskappye wat belastingtoevlugsoorde en geheime trustfondse gebruik om hul belastingaanspreeklikheid te ontduik. – Netwerk24/ Bloomberg/AP/Amabhungane/ICIJ.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie