Lekker klubrugby in Rehoboth en Khomasdal
Rugby
Tielman van Lill - Die derde naweek van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premier- en reserweliga word môre op Rehoboth en in Khomasdal tussen ses van die sewe klubs afgehandel, wat vir waardevolle ligapunte gaan koppe stamp.
Op die openingsnaweek het die spanne mekaar min ruimte gegun en die drie wedstryde is onderskeidelik met een, twee en drie punte gewen.
Op Rehoboth het Trustco United met 34-31 teen Reho Falcon ontsnap, terwyl FNB Western Suburbs in Khomasdal gelukkig om op die laaste oomblik met 22-20 teen Rehoboth-rugbyklub te wen. By die kus het FNB Unam 1 net-net daarin geslaag om Kudus 1 met 24-22 hok te slaan, met vier drieë teen drie.
Verlede naweek het FNB Wanderers as verdedigende kampioen sy eerste ligabotsing gehad en het Kudus in Pionierspark met 19-12 ondergekry. United se wegholoorwinning die vorige aand in Olympia (39-7 teen Suburbs) het sy uitdagers laat kennis neem en is gevolg deur Unam wat Reho Falcon met 78-0 gekarnuffel het.
Hoewel die Wit Hingste van klubsterre wemel, het hy laas naweek teen Kudus nog gesoek na die momentum wat hom verlede jaar laat wen het. Wanderers het 'n nuwe kaptein vir die naweek met Quintin Esterhuizen (stut) nie beskikbaar nie, met nog skuiwe in sy lostrio.
Wanderers besoek Falcon, wie se beperkte spelersgetal reeds sy tol eis – die tweede span het beide kere onttrek.
Ná sy naelskraapse loesing teen Suburbs en daarna sy afnaweek, sal Rehoboth môre tuis teen United wéér wil wys wat in hom steek.
In Khomasdal het Suburbs kans om teen Unam beter te vertoon. Vir die wenner sal dit 'n belangrike rigtingwyser vir die seisoen wees.
Veral Unam en Wanderers verwelkom hul nasionale o.20-spelers terug vir hul eerste ernstige klubwedstryde.
Spelbrekers wat sover reeds die oog gevang het, sluit in Ricardo Swartz, Justin Nel en Dumarcho Hartung (Suburbs), Ascher Coetzee, Henrique Olivier en Hillian Beukes (Rehoboth), Franklin Busch (Falcon), Herman Stroh, Shaun van Rooi, Jacques le Hanie, Henry Kandjou en Winmar Rust (United), Rayton Paulse (Kudus), Chad Plato, Camlo Martin, Clyde Besser en Sunday Haitembu (Unam), Tuna Amutenya, MP Pretorius en Stef Botha (Wanderers).
Rehoboth-rugbyklub (teen Trustco United): 1 Delano Coetzee, 2 Udo Mall, 3 Kevin Cloete, 4 Allister Groenewaldt, 5 Titus Mathias, 6 Lloyd van Wyk, 7 Chase Diergaardt, 8 Johann Wohler, 9 Howard Titus, 10 Ascher Coetzee, 11 Brandon Dentlinger, 12 Henrique Olivier, 13 Hillian Beukes, 14 Paulus Hangula, 15 Xavier van Wyk. Reserwes: Chemegan Beukes, Carl-William Freygang, Raymond Draghoender, Elroy van Wyk, Max Anderson, Deselvano Beukes, Deslee Beukes, Chester Diergaardt.
FNB Unam (teen FNB Suburbs): 1 Graham April, 2 Shaun van Wyk, 3 Simon Kanime, 4 Kami Mieze, 5 Rheinhardt Carelse, 6 Gilad Plaatjies, 7 Simon Haitembu, 8 Berry Gande, 9 JC Olivier, 10 Delron Brandt, 11 Milaan van Wyk, 12 Camlo Martin (kapt), 13 Clyde Besser, 14 Sunday Haitembu, 15 Lorenzo Louis. Reserwes: Hilwen Fourie, Enzio Kotzee, Roaldo Rittmann, Cameron Langenhoven, Rodney Coetzee, Paolo Andrews, Buruxa Geiseb.
FNB Wanderers (teen Falcon): 1 Petri Burger, 2 Stefan Hattingh, 3 Ignus Tripodi, 4 Kevin Vorster (kapt), 5 Brendan Nortjé, 6 Dawn Marondedze, 7 Marnus van Wyk, 8 Driaan Vorster, 9 Dian von Solms, 10 MP Pretorius, 11 Tuna Amutenya, 12 Brandon Groenewald, 13 Jamie Joseph (o.kapt), 14 Nandi Karuuombe, 15 Léan Stoop. Reserwes: Munye Mamhare, Frans van Wyk, Damian Engelbrecht, Zander de Klerk, Jacques Theron, Francois Coetzee, Bredell Wessels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie