Lekker koel op u2019n warm dag
Lekker koel op u2019n warm dag

Lekker koel op ’n warm dag

Tanja Bause
Tanja Bause

Vir die kinders in Otjomuise het Kersfees dié jaar baie vroeg gekom toe ’n padskraper ’n waterpyp op die hoek van München- en Marseillestraat beskadig het. Die pyp is net na 10:00 beskadig en die water het die pad afgestroom. Kinders het vinnig op die toneel verskyn en eerste hul houers vol water gemaak voordat hulle in die water baljaar het.

Volgens ’n inwoner is dit reeds die vierde keer dat die pyp beskadig word en water die pad afloop.

“Ek het vir die munisipaliteit gesê hulle moet die pyp skuif sodat dit nie op die kruising is nie, maar hulle het dit nog nie gedoen nie. Elke keer wanneer dit beskadig word, stroom die water vir ure die pad af en beskadig Marseillestraat wat dan weer vir maande onbegaanbaar is. Net laas jaar het dit ook gebeur,” het hy gesê.

Junior (11) het van die skool af gekom toe hy van die water hoor.

“Ek het vinnig huis toe gehardloop om my skoolklere uit te trek en ander aan te trek sodat ek in die water kan speel. Dit is baie lekker. Ons het dit laas jaar ook gedoen,” het hy gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!