Lelies begin Sondag blom
Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die plaashek maak Sondagoggend om 07:00 oop. Sandhof is op die D861-grondpad sowat 38 kilometer buite Maltahöhe geleë. Die blomme het verlede jaar dieselfde tyd geblom asook einde Februarie 2020 en in 2017 en 2013.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie