Lelike afjak vir o.19-krieket se prestasie
Sporttoekennings
Andrew Poolman - Die weglating van die Namibiese onder 19 krieketspan as een van die finaliste vir die 2016 Sporttoekennings van die Namibiese Sportkommissie en MTC is een van die skokke op die lys wat gister aangekondig is.
Kaptein Zane Green se jongspan het vroeg vanjaar die krieketwêreld vir bykans ''n week aan die praat gehad met hul skokoorwinning teen Suid-Afrika by die o.19 Wêreldbekertoernooi in Bangladesj.
Met dié uitslag is die verdedigende Wêreldbekerhouers uitgeskakel, terwyl Namibië vir die eerste keer in sy geskiedenis tot die kwarteindstryd deurgedring het.
Met verdere oorwinnings teen Skotland en Nepal het die Namibiërs uiteindelik sewende in die toernooi klaargemaak.
Geen ander land sonder toetsstatus was in die top-agt nie, met Suid-Afrika uiteindelik tiende.
Saam met die Paralimpiese naellopers Ananias Shikongo (goud en brons) en Johannes Nambala (twee silwers) kan geargumenteer word dat hierdie vertoning die mees gedenkwaardige prestasie van die ganse sportjaar vir Namibië was.
Maar moenie verwag dat krieket enige erkenning by die Sporttoekenningsdinee op 28 Oktober by die Windhoek Buiteklub gaan kry nie.
Die drie finaliste vir span van die jaar is die Namibiese rugbyspan wat vir die soveelste keer die Afrika-beker gewen het; die nasionale hokkievroue wie se internasionale prestasies ook oorwinnings teen Suid-Afrika ingesluit het; en die gesiggestremde 4x100 meter aflosspan by die Paralimpiese Spele in Rio. Laasgenoemde viertal het laaste uit die vier spanne in die finaal klaargemaak.
Krieket Namibië het die o.19''s se afrigter, Norbert Manyande, nie eens vir ''n prys in dié kategorie benoem nie. Dieselfde met die jong bouler Fritz Coetzee, wat algeheel die meeste paaltjies in die toernooi platgetrek het en wat sterk vir die prysgeld van junior sportman van die jaar sou meegeding het.
Sokker se ewe historiese o.17-triomf in die Cosafa-toernooi word verdwerg in ''n gedenkwaardige jaar vir Namibiese spanne.
Deur kort kennisgewing, sperdatums vir nominasies wat misgeloop is en nasionale sportfederasies wat nie die benoemings met die nodige aandag benader het nie, lyk dit asof meer kategorieë vanjaar deur omstrede insluitings en weglatings gekenmerk word.
Die tweemalige Olimpiese fietsryer Dan Craven is ook nie deur sy nasionale federasie benoem nie. Dit is egter nie die eerste jaar dat hy oor die hoof gesien word nie – met die internasionale aansien wat hy vir die land verwerf, wat nie juis punte op die beoordelaars se lys van kriteria tel nie.
Die kategorie vir sportman van die jaar is juis nie vanjaar besonder sterk gelaai nie. Die bokser Paulus Ambunda het sy IBO wêreldtitel een keer suksesvol verdedig en die volgende keer verloor; De Wet Moolman het weer ''n wêreldtitel in sy karatestyl verower, terwyl Mynhardt Kauanivi 70ste in die marathon klaargemaak het.
Die sportvrou van die jaar word veel hewiger betwis: Gaby Ahrens was in ''n baie respektabele negende plek by die Olimpiese Spele; Vera Adrian het goue medaljes in beide die padresies en individuele tydtoets by die Afrika-kampioenskap gewen, en Beata Naigambo was 41ste by die Olimpiese marathon, tesame met ''n paar oorwinnings elders.
Vier kategorieë is vir vanjaar se toekennings geskrap, naamlik vrywilliger, administrateur, ontwikkelingsprogram en skole-ontwikkelingsprogram van die jaar. Die inskrywings wat wel hier ontvang is, het glo nie aan die kriteria voldoen nie.
Die finaliste vir 2016 (met die borg van elke kategorie):
NamPower sportman van die jaar met ''n gestremdheid:
Ananias Shikongo, Johannes Nambala, Ruben Soroseb.
NamPower sportvrou van die jaar met ''n gestremdheid: Johanna Benson, Rosa Mandjoro.
NamPower junior sportman van die jaar met ''n gestremdheid: Abraham Hafenanye, Mateus Kambundu, Alfred Albertu.
NamPower junior sportvrou van die jaar met ''n gestremdheid: Lahja Ishitile, Kertu Kapweya, Catlin Botha.
MTC sportman van die jaar: Paulus Ambunda (boks), De Wet Moolman (karate), Mynhardt Kauanivi (marathon).
MTC sportvrou van die jaar: Vera Adrian (fietsry), Gaby Ahrens (kleiteikenskiet), Beata Naigambo (marathon).
MTC junior sportman van die jaar: Delano Muller (skopboks), Herbert Peters (fietsry), Rowan Burger (karate).
MTC junior sportvrou van die jaar: Dunell van Taak (hokkie), Cassandra Knouwds (karate), Mayvonne Swart (karate).
NBL sportspan van die jaar: Namibië senior vrouehokkiespan; Namibië senior rugbyspan; Paralimpiese 4x100 aflosspan.
FNB beste vordering in 2016: Matias Hamunyela (boks), Johannes Nambala (Paralimpiese naelloper).
Coca-Cola afrigter van die jaar: Michael Hamukwaya (Paralimpiese atletiek), Tobias Hiskia (atletiek), Roger Thompson (rugby).
Coca-Cola skeidsregter van die jaar: Jackson Pavaza (sokker), Bethold Karumendu (atletiek), Danie Koen (rugby).
• Wat dink ons lesers van vanjaar se finaliste? Laat weet ons gerus per e-pos na [email protected], of Whatsapp na 081 247 2837.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie