Lemoenseisoen deur Kristel Loots
Lemoenseisoen deur Kristel Loots

Lemoenseisoen deur Kristel Loots

Jacqueline Louw
Suzy het op die harde manier geleer: Die lewe is soos ’n lemoen. Jy moet die lastige pitte tussen jou tande uitspoeg voordat jy jou versadig kan drink aan die stroopsoet sappigheid van die vrug.
Kristel Loots se vrouekarakters is ménse is, hulle het dikwels moeite met hulle lewens, maar daar is altyd ’n sprankie hoop tussen die bladsye.
Dit is hoekom Lemoenseisoen nou weer kan spog met ’n blinknuwe omslag, net soos Sjokoladesoene, wat ook vroeër weer heruitgegee is. Kristel se gewildheid neem eenvoudig net toe en die aanvraag vir haar ouer boeke neem nie af nie. Vroeër vanjaar is Aspoesterskoene ook nuut uitgegee en dit het baie goed gedoen.
Iets meer oor Lemoenseisoen: Al wat Suzy van die lewe wil hê, is ’n nuwe selfoon, dat haar dogter nie met ’n geskeide man moet uitgaan nie en ’n lyf langs hare wanneer sy in die oggende wakker word. Is dit nou regtig te veel gevra?
Toe sy eers vir Dante del Marco leer ken, is tweedehands nie meer goed genoeg nie. Aarde tog. Saam met Dante del Marco lok daar ’n ander, beter wêreld en die moontlikheid om Londen toe te gaan, maar daar is ’n geheim wat sy met niemand kan deel nie...
Dit is hier waar Suzy moet leer hoe om van die lemoen se pitte ontslae te raak...
Lemoenseisoen (ISBN: 9780799377590) is deur Lapa Uitgewers vrygestel.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer