Leneve kaptein vir stryd teen Kapenaars
Andrew Poolman - As daar ooit ’n tyd is om vas te trap en een van daai vertonings te lewer wat Namibiese rugbyspanne byname soos die Biltongboere besorg het, is dit môre om 15:00 in die Hage Geingob-stadion.
DHL Westelike Provinsie is die voorloper in die provinsiale reeks om vir die Curriebeker te kwalifiseer en stoot ’n gedugte wedstrydgroep in die veld teen die wenlose span aan die onderpunt van die puntelys.
Niemand verwag seker dat die Windhoek Draught Welwitschias van 2016 eensklaps ’n gedaanteverwisseling sal ondergaan nie, maar net so sal hul hardnekkige ondersteuners gewis nie ’n herhaling van die laaste weke se lelikste verloortellings wil sien nie.
Rugby in die Kaap is springlewendig vanaf die junior vlakke en op papier lyk die Kapenaars moontlik na die sterkste span met wie die Namibiërs nóg vanjaar te doen gekry het.
Sedert die WP se enigste nederlaag in die openingsrondte in April teen die Blou Bulle kon geen span in die kompetisie hulle weer keer nie.
Die flank Janco Venter is genadiglik afwesig ná sy stormende vertoning teen Kenia en Damian Stevens is besig met sy skuif na die Haaie, wat hom sowat ’n week gelede begin nader sleep het om hul diepte op skrumskakel met die oog op die Curriebeker premierliga te versterk.
Dit laat ’n enkele Namibiër in die WP-span, naamlik Christo van der Merwe aan die kant van die skrum.
Die Kapenaars wemel nie net van jong talent wat binnekort op hoër vlakke kan deurbreek nie, maar bevat ook etlike spelers wat reeds Superrugby gespeel het, insluitend Johnny Kotze (vleuel), slot Jurie van Vuuren, stutte Wilco Louw en JC van Rensburg, haker Michael Willemse en die veelsydige agterspeler Scott van Breda.
Aan die Namibiese kant moet die “tweede span” van plaaslik gebaseerde amateurspelers maar opnuut die fort hou.
Enkele spelers is wel uit die Namibiese toetsspan vrygestel om die aanslag te help versterk. Een van hulle is die agtsteman Leneve Damens, wat vir die eerste keer as kaptein van ’n Namibiese verteenwoordigende span sal uitdraf. Hy neem die leierskap by die senter Francois Wiese oor, wat uitgeskakel is deur ’n rugbesering wat ná laas naweek se verloorstryd teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld weer opgevlam het.
Wiese se 12-trui word deur Heinrich Smit gevul, wat eintlik nogal lanklaas die wêreld aan die brand gespeel het.
WINDHOEK DRAUGHT WELWITSCHIAS:
1 Quintin Esterhuizen, 2 Petri Burger, 3 Collen Smith, 4 Muniovita Kasiringua, 5 Wickus Davis, 6 Johan Luttig, 7 Morné Blom, 8 Leneve Damens (kapt), 9 JC Winkler, 10 Mahco Prinsloo, 11 Phillip Nashikaku, 12 Heinrich Smit, 13 Handré Bezuidenhout, 14 Russell van Wyk, 15 Justin Nel.
Reserwes: Niël van Vuuren, Schalk Bergh, Max Katjijeko, Johan Wohler, Cameron Klassen, Lesley Klim, Shaun Kaizemi. Afrigter: John Williams.
DHL WESTELIKE PROVINSIE:
15 Grant Hermanus, 14 Khanyo Ngcukana, 13 EW Viljoen, 12 Johnny Kotze, 11 Edwill van der Merwe, 10 Dennis Cox, 9 Justin Phillips, 8 Kobus van Dyk, 7 Christo van der Merwe, 6 Rikus Bothma, 5 Chris van Zyl (kapt), 4 Jurie van Vuuren, 3 Wilco Louw, 2 Chad Solomon, 1 JC Janse van Rensburg.
Reserwes: Michael Willemse, Denzil Riddles, Jacques Vermeulen, Eital Bredenkamp, Beyers de Villiers, Godlen Masimla, Scott van Breda. Afrigters: John Dobson en Dawie Snyman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie