Lennon se aanvaller bly agter tralies
Lennon se aanvaller bly agter tralies

Lennon se aanvaller bly agter tralies

Amerika
Estelle de Bruyn
Die man wat byna 36 jaar gelede vir John Lennon in New York in die VSA doodgeskiet het, se aansoek om parool het weer nie geslaag nie.
Mark Chapman (61) sal agter tralies bly in die maksimumveiligheidstronk in Erie County naby Buffalo, New York, nadat sy paroolaansoek vir die negende keer sedert 2000 afgekeur is.
Chapman, wat totaal behep was met Lennon en The Beatles, is tussen 20 jaar en lewenslank gevonnis nadat hy Lennon op 8 Desember 1980 voor sy woonstel in Manhattan se Upper West Side doodgeskiet het.
“Die voorbedagte en aandagsoekende aard van die misdaad weeg swaarder as talle gunstige faktore vir sy vrylating,” lui die paroolraad se verklaring. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!