Lenovo byna US$290 miljoen in rooi weens Trump
Pres. Donald Trump se slagspreuk “Amerika eerste” se invloed op die winsmarges van sekere maatskappye word nou gevoel.
In ’n verrassende wending het die wêreld se tweede grootste rekenaarvervaardiger ’n netto verlies van US$289 miljoen in die laaste kwartaal van 2017 aangeteken.
Dié verlies is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat Lenovo US$400 miljoen moes inbetaal weens veranderinge aan Amerikaanse belastingwette wat laat in 2017 deur pres. Donald Trump van Amerika deurgevoer is.
Ontleders het aanvanklik voorspel dat die maatskappy ’n wins van US$123,5 miljoen sou aanteken.
Lenovo sukkel al ’n geruime tyd om die slimfoonmark te betree soos wat hy deur sterk mededinging gekniehalter word.
Yang Yuanqing, dié Chinese maatskappy se uitvoerende hoof, sê hy verwag nie dat Lenovo se slimfoon-afdeling binne die volgende paar maande winsgewend gaan word nie en dat meer tyd nodig is om die afdeling om te keer.
Lenovo het Motorola Mobility in 2014 vir nagenoeg US$2,9 miljard gekoop.
“Hulle moet nog die boodskap wat hulle uitstuur, verbeter. Hulle weet nog nie wat dit beteken om ’n Lenovo-foon te hê nie,” sê Anand Srinivasan, ’n ontleder by Bloomberg Intelligence.
Lenovo se bedryfsinkomste is US$204 miljoen, vergeleke met die verwagte US$201 miljoen. Sy totale inkomste is egter 6% hoër op US$12,94 miljard.
Lenovo se aandeelprys het Donderdagoggend met 0,4% gedaal toe verhandeling in Hongkong begin het. Die aandeelprys het wel reeds met 2% in 2018 gestyg.
Verkope van Lenonvo se mobiele afdeling die afgelope kwartaal is 5% laer. Voor belasting het dié afdeling ’n verlies van US$92 miljoen aangeteken as rekeningkundige koste uitgesluit word.
“Om die onderneming om te draai, is steeds ons doelwit, maar ons sal waarskynlik meer tyd benodig om dit reg te kry,” sê Yang.
“Ons werk daaraan, maar ons glo dat ons binnekort wins sal maak. Winsgewendheid is ’n belangrike prioriteit vir die onderneming.”
Sy rekenaarverkope het met 8% gestyg en wins voor belasting beloop US$416 miljoen. Wêreldwyd het die aantal rekenaars wat verskeep is, vir die eerste keer in ses jaar gestyg, al was dit met ’n skamele 1%.
Die wêreld se grootste rekenaarvervaardiger, Hewlett-Packard, het in dieselfde tydperk sy voorsprong teenoor sy aartsvyand vergroot.
Lenovo moes ’n eenmalige heffing van US$400 miljoen “sluk” as gevolg van Trump se belastinghervorming. Tog bestaan die hoop dat dié veranderinge op lang termyn die belasting wat Lenovo in Amerika moet betaal, kan verlaag. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie