Leonides-sterrereën kom vanaand
Volmaan verdof 2016 se laaste meteoorreëns
Elvira Hattingh - Vanaand sal een van die gewildste jaarlikse skouspelle in die sterreruim, die Leonides-meteoorreën, sy hoogtepunt bereik. Alhoewel die helder maan die sterrereën tans kan verdof, sal dit egter nog tot 21 November gesien kan word.
Die gebeurtenis kom kort ná die supermaan van 14 November voor, waartydens die maan sy naaste punt aan die aarde sedert die begin van die 21ste eeu bereik het. Teen die doodsnikke van die meteoorreën op 21 November, behoort die maan half vol te wees.
Die beste tyd om hierdie sterrereën te aanskou is ná middernag tot vroegoggend. Dit is nie nodig om in ’n spesifieke rigting te kyk om dit te sien nie, maar wetenskaplikes meen dat jy op jou rug kan lê om dit te sien, want dit sal meestal vanuit ’n noordoostelike rigting of reg bo jou in die hemel kom.
Tydens spitstye lewer die Leonides-meteoorreën sowat 10 tot 15 meteoriete per uur wat sowat 71 km per sekonde beweeg. Die meteoriete lyk asof dit wegskiet van ’n groep sterre wat soos ’n agterstevoor vraagteken lyk, alombekend as die Leo se sekel.
Die meteoriete van dié sterrereën kom van Komeet Tempel-Tuttle, waarvan die wentelbaan in die Leo-konstellasie geleë is. Die deeltjies wat deur die komeet agtergelaat word, tref die aarde se atmosfeer en skep die sogenaamde verskietende sterre.
Alhoewel dié meteoorreën jaarliks voorkom, bereik dit slegs elke 33,3 jaar ’n besondere aktiewe fase waartydens méér meteoriete gesien kan word. Dit sal in 2033 sy volgende hoogtepunt bereik en sterrekundiges meen dit kan dan ’n “storm” wees wat vir groot vermaak sal sorg. Terselfdertyd sal die volgende grootste supermaan ook in 2034 voorkom.
Voorts kan sterrekykers uitsien na die Geminides-meteoorreën gedurende Desember wat tussen die 13de en 24ste gesien kan word. Hierdie meteoorreën kan tot 120 verskietende sterre per uur lewer, maar vanjaar sal dit weer eens tydens die volmaan voorkom, wat baie daarvan kan uitdoof. Bronne: www.natureworldnews.com, earthsky.org en www.space.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie