Lerena het baie om te verloor teen Meroro
Boks
Dis ook maar goed dat Kevin Lerena gedurende die vakansieseisoen hard bly oefen het. Die ambisieuse junior swaargewigbokser van Johannesburg wat in 2016 sterk op die voorgrond getree het, word voorberei om vanjaar vir die WBC internasionale silwer gordel te veg – maar eers sal hy 'n toets by Emperors Palace in die komende weke moet oorleef.
Op 4 Februarie klim hy teen die geharde Namibiër Vikapita Meroro deur die kryttoue, waarna hy bestem is om sy heil in Amerika te gaan soek. Ná die Meroro-geveg word beplan dat hy op Banner Promotions se lys vegters in Amerika geplaas sal word om waarskynlik in Maart weer in aksie te wees. Hierdie geleentheid het selfs groter waarde gekry deurdat die Suid-Afrikaanse promotor Rodney Berman 'n ooreenkoms met die WBC (Wêreldboksraad) gesluit het.
Mauro Sulaiman, die president van die WBC, het hom glo daartoe verbind dat Lerena se pad na 'n titelgeveg oopgemaak sal word.
Alles sal natuurlik deur die mat val indien Lerena nie by Meroro kan verbykom nie. Die Suid-Afrikaner sal moet wen – verkieslik op oortuigende wyse of met iets skouspelagtigs.
“Ek maak geen geheim daarvan dat dit my voorneme is om van Kevin 'n ster in die bokswêreld te maak nie,” sê Berman, wat voordeel wil trek uit die wêreldwye oplewing in belangstelling in die junior swaargewigafdeling.
“Kevin is op die drumpel van 'n groot deurbraak en Golden Gloves sal hard druk om sy saak te bevorder.
• Die 24-jarige Kevin Lerena (16 gewen, een verloor, agt uitklophoue) se enigste nederlaag was teen sy landgenoot Johnny Muller in November 2014.
Hierdie uitslag het hy egter in April verlede jaar met 'n tegniese uitklopsege gewreek.
In Junie en Oktober het hy dit met punte-oorwinnings teen Roberto Feliciano Bolonti (Argentinië) en Micki Nielsen (Denemarke) opgevolg.
• Vikapita Meroro is reeds sedert 2005 'n beroepsbokser wie se rekord tans op 28 oorwinnings (14 uitklophoue) en vyf nederlae staan.
Sy laaste geveg in Moskou in Mei 2015 teen Dmitry Kudryashov was tot dusver die enigste keer in sy loopbaan dat hy uitgeslaan is. - African News Agency (ANA)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie