Lesersfoto' 25 Junie 2020
Trots: “Ons kleinkind Caragh Swan (6) van Tooting Bec in Londen in die Verenigde Koninkryk het ’n hoktydprojek vir die skool gedoen. Die tema was “My held” en sy het haar oupa Shorty in Afrika gekies. Hy het sy stryd teen kanker op 21 Maart 2020 verloor,” sê Lynne van der Walt.
Wie is hy?: “Hierdie man is 108 jaar oud. Is daar iemand in Namibië wat naby aan sy ouderdom is?” Die foto is per WhatsApp ontvang. Kan iemand Republikein help om die man op te spoor?”
Kuier: “Niggie en nefies het vir ouma op Schlip gaan kuier,” sê Violet Jansen.
Te koud: “Ek laat weet net my juffrou ek gaan vanoggend laat vir skool wees, want dis te koud,” sê Maureen Esterhuysen.
Veels geluk: Jeremey-Paul Cloete het die foto van die pragtige hoktydtroue van Manfred en Theolina Philander geneem.
Reünie: Die Zaahl-familie het in November 2019 reünie gehou.
Lekker: “Hierdie is ons dogtertjie, Leah Berg (18 maande oud). Sy is baie lief vir die plaas, veral as sy in die water kan speel. Die foto is in die Nossobrivier 60km noord van Leonardville geneem,” sê mamma Natasha Berg.
Manne van ouds: “Ons is al vriende vir meer as 20 jaar. Van links is Colin, Russel, Burchel en Bernito,” sê Bernito Bertoni.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie