Lesersfoto's 10 September 2020

Tanja Bause
Vakansie: Irina Labuschagne het vir Hanru Labuschagne by die Kavango Rivier Lodge afgeneem.

Veels geluk: “Blessings is trots op sy nuwe fiets wat hy vir sy 8ste verjaardag gekry het,” sê Janibia.

Gelukkig: “Kevin Barnard en Markus van der Merwe kuier heerlik by oupa Boetie en ouma Joryn op Maltahöhe. Die blonde kop nefies is beste maats en kan ure om speel. Solank hulle kan buite hardloop is hulle baie gelukkig,” sê Joryn Barnard.

Rustig: “My vierjarige dogter, Yiskah, het my en my jongste afgeneem terwyl ons 'n middagslapie gevang het,” sê Willem van Zyl.

Poplap: “Veels geluk met jou ses maande verjaardag,” sê trotse pappa Alvino Kotze.

Avontuur: “Arno en Ethan hang aan die tou by die wrak by Lüderitz se tweede lagoon,” sê Phil Balhao.

Besonders: “Christian Titus is verantwoordelik vir die besonderse tuin voor die plaashuis op die plaas Dickdorn tussen Gibeon en Mariental,” sê Björn Basler.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!