Lesersfoto's 2 Februarie 2021

Tanja Bause
Mooi land: “Ek het die sprokiesfoto op Duineveld geneem,” sê Jane Steyn.

Kindwees: Noah Orange geniet homself op Usib. Die foto is deur Leonard Orange geneem.

Water is op pad: Andries Herbert het die foto by die Sossusvlei Lodge geneem.

Grasgroen: “Dit is ons plaas Hakon in die Gobabis-distrik in alle glorie ná wonderlike reën die laaste maand. Ons is so geseënd met die mooiste groenigheid,” sê Sonel.

Blom tussen blomme: Kenneth Schwartz het die foto van sy kleindogter, Adeline, op die plaas Sandhof geneem.

Die wonder van Sandhof: Lizelle Smit het die foto geneem van die kinders wat die lelies bewonder.

Lekker: “Die foto is op die plaas Geelkop geneem nadat dit 50 mm gereën het,” sê Clifford.

Kommentaar

Republikein 2025-04-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer