Lesersfoto's 29 Januarie 2021

Tanja Bause
Modderpret: Annie en Leah speel lekker in die Kuisebrivier.

Atmosferies: “Daar is niks so mooi soos ’n sonsondergang in Namibië nie. Ek het die foto op ’n plaas buite Outjo in Kamanjab se rigting geneem,” sê Werner Punzul.

Hulle is ook bly: Bart Reed het die foto op sy plaas Arib in die Leonardville-omgewing geneem.

Sand en water: “Ek het Sossusvlei van heel bo van ’n duin afgeneem,” sê Johan Lucas.

Eg Namibies: “Ragnar geniet die rivier,” sê Meyer Moolman wat die foto by die Wabi Game Lodge geneem het.

Tot siens: Ivan Groenewaldt het die foto van die Okaukeujo-watergat in Etosha geneem.

Net in Namibië: “Die stilte ná die storms. Dit is die Visrivier met sononder by die Hardap-skema,” sê Eben Kriel.

Lekker: “Die opgewondenheid van goeie reën was so aansteeklik dat Bennie homself nie kon keer om die reëndans te doen nie,” sê Heino Jansen.

Ongelooflik: “Dis nou die tipe beeldskoon wat net een land vir jou kan bied: My Namibië,” sê Andre van der Walt.

Mooi gesig: “Die foto is ná 29 mm reën op ’n plaas in die Schlip-omgewing geneem. Dit is die Kalfrivier; een van die riviere wat die Hardapdam voed,” sê Christo Beukes.

Nie Sossusvlei nie: “Ek het die foto in die duinegordel tussen Walvis en Swakopmund geneem,” sê Brigitte Rossouw.

Arendsblik: “Dit is die Kuisebrivier toe hy in volle breedte afgekom het,” sê Björn Basler.

Bewonder die water: “Dit is hoe dit lyk as die Oranjerivier en die see in Oranjemund bymekaarkom,” sê Michelle van Oranjemund.

Hier kom nog: Robine Jacobs het die foto tussen Kalkrand en Rehoboth afgeneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!