Lesersfoto’s 29 Oktober 2021

Yandi Du Plessis
Wenners: “En toe wen die Bokke daai naweek. Ons het sommer geweet hulle gaan wen. Leolize, Charmy, Elke en Sonaya,” sê Charmy.

Wat is die kans?: “Nooit weer kom ons so jonk bymekaar nie,” sê Henk Basson, Wally Bredenhann, Hennie Boshoff en Flip Bredenhann. “In die jaar 1971 – ’n hele 50 jaar gelede – was ons saam in die S.A. Polisiekollege. Ons was in dieselfde troep (24) en ons slaapplekke was boonop langs mekaar. Ons vanne begin almal met ’n B. Al vier van ons het uiteindelik as hoofinspekteurs in die Namibiese polisie afgetree. Drie van ons verjaar binne een week in September (Flip 23ste, Henk 24ste en Wally 26ste). Ons is so geseënd om nog vandag bymekaar te wees.” Foto Verskaf

Oulik: Die foto van Zea, Lamlam en Ore die kalf is via WhatsApp ontvang.

Gelukkig: “Die plaaslewe is lekker,” sê Jovin Diergaardt.

Familie: Basen Plaatjies, Charmain Swaartbooi van Grünau en Bonita Goliath geniet ’n familie ete saam.

Poplappe: “Lief julle twee oneindig baie,” sê Tersia Bredenkamp.

Vlieg hoog: “Sivahn Jacobs wys sy beroepsplan,” sê Ouma Soraya.

Model: Franco Vries afgeneem deur Lurdich Vries.

Sneeuman: Markus en Kayla Botes het dié outjie uit haelkorrels gebou. Die foto is per WhatsApp ontvang.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer