Lesersfoto's 3 Februarie 2021

Tanja Bause
Só maak kinders: “Die nefies, Tristan en Samuel, geniet die Kuisebrivier se modder,” sê Michelle.

Die manne in die Kuiseb: “Thorsten, Johann en Fouche geniet die lafenis in die Kuisebrivier,” sê Elize Stahl.

Model: “Ons babaworshondjie, Mac, geniet ook die lelies,” sê Karin Grunschloss.

Afkoel: Die foto van Victor en Diaan by Oanobdam se oorloop is per WhatsApp ontvang.

Besonders: “Rita en Jurie Viljoen (beide ouer as 75) het ook teen die duin uitgeklim om die wonderwerk te aanskou.” Die foto is per WhatsApp ontvang.

Pret langs die rivier: “Heerlike piekniek by die Kalfrivier op die plaas Omomas,” sê Desiree Beukes.

Daar is baie: “Wilhelm Lucas het die lelies op die plaas Sandhof baie geniet,” sê Johan Lucas.

Wonderlik: “My ma, Ann Gille, het saamgekom om na die lelies te kyk,” sê Arthur Gille.

Kommentaar

Republikein 2025-04-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer