Lesersfoto's 3 Mei 2021

Tanja Bause
Silhoeët: “Die môrestond het verseker goud in die mond. Die foto is op ons plaas Kareeboomvlei in die ooste van Rehoboth geneem,” sê Hermien Scholtz.

Atmosferies: “God se handewerk, Prys die Here. Dit was net vir n paar minute daar. Ek het buite met my koffie gesit,” sê Antie Francis Hendricks van Walvisbaai.

Vuur: “Sonsondergang in Okatjiparanga, Otjituuo in die Grootfontein-distrik,” sê Ally Maurihungirire.

Pad na die son: Björn Basler het die foto by Aris buite Windhoek geneem.

Kleurvol: Mary Ann Rittmann het die sonsondergang op Lüderitz afgeneem.

Goud: “Sonsondergang in Eros,” sê Nellie Coetzee.

Tot môre: “My dogter, Cecilia Bierman, het die sonsondergang op die plaas Dobbelsberg in die Karibib-distrik afgeneem.”

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer