Lesersfoto's 30 Junie 2020

Ek waarsku jou: “Wanneer Dexter vir jou so ’n kyk gee. moet jy weet pappie ... pasop,” sê Adriaan van Rooyen van Oranjemund.

Kry koud: “My skaaphond Shadow en Lilly wag op die winterson om uit te kom,” sê Murray Smit.

So slaap ons: “Warm kombers van bo en kante en warm elektriese kombers van onder,” sê Piet Visser.

Mooi: “Prinses Alice is een van die talle katte wat deur die Cat Protection Society by die Ramatex-kompleks gered is.”

Speel: “Trompie speel wegkruipertjie. Hy lê in die kar se spore in die son en bak,” sê Elsabe Malan.

Pad na die siel: Marion het die foto van Nina geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer