Lesersfoto's 6 November 2020

Tanja Bause
Oulik: “Ons is moeg gewerk en geniet nou die koelte,” sê Mogamat Salie Saban.

Kom hier: “Ethan wil net vir Dominique ’n drukkie gee,” sê Ouma Ingrid.

Heeltyd speeltyd: “Kaylyn (2) en Zane (1) speel lekker met die ou voertuigband. Sussie en boetie hou daarvan om saam te speel,” se ma Waltraud Johr.

Sussies: “My twee goggas is oneindig lief vir mekaar,” sê Beatrix Ryk.

Pragtig: “Kristen Mouton van Windhoek is uitgevat vir kultuurdag by die skool,” sê mamma Esme Mouton.

Lekker: “Elijah geniet die duine van Gochas. As daardie Kalahari-sand eers deur jou tone is, bly jy nie weg nie,” sê Leon Esterhuizen.

Pret: “HJ het op Guruchab kom kuier,” sê Marlize Nel.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer