Lesersfoto's 7 April 2021

Tanja Bause
So maak mens: “My kleinseun Sion de Wit (7) van Walvisbaai het ’n kabeljou van 13 kg uitgetrek,” sê Nita Luus.

Paashasie: “Die Smith-familie het hul eie klein Paashasie,” sê Nicolene van Outjo.

Uitgevat: “Mnr en me. !Naibab vier Namibië se 31ste verjaardag,” sê Anthea Brinkman.

Lekker: “Die meisies het na die Big Brother House in Usakos gegaan om Onafhanklikheidsdag te vier,” sê Joan.

Trots: “Gavin John Titus is ’n trotse Baster,” sê Noleen.

Oulik: “Keagan is kwaad omdat hy nie op ’n perd skool toe mag gaan nie en Annestine is te bly oor haar Baster-kappie en voorskoot. Die onafhanklikheidsviering was by die Kleine Professor College,” sê Izaan van Wyk.

Kleurvol: Lorny Minnaar het onafhanklikheid met kleur gevier. Eva Kotze het die foto geneem.

Helpers: “Ons sny ouma se gras,” sê Tersia Bredenkamp.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer