Leserskommentaar 29 Desember 2020
Is Namibië agter die klip? Stel rapid tests so gou as moontlik in sodat SA vakansiegangers kan huis toe ry. Probeer om ten minste 25% van Namibiërs te vaksineer voor Mei volgende jaar. Lyk my ons moet ‘n paar blikkies quick start daar by die minister van gesondheid gaan aflaai. Moenie wag virdie WHO om iets te doen nie. Neem self die inisiatief.
“Nuwe Covid-19-regulasies geld tot 13 Januarie”:
Wat nou van skole wat veronderstel is om die 6de Januarie vir onderwysers en die 11de Januarie vir leerlinge te begin? – Jan Potgieter (Ons probeer ons bes om reaksie van die ministerie van onderwys te kry in die verband. – Redakteur)
90% van Rehoboth se inwoners pendal daagliks, wat beteken daar’s werkskepping en dienste wat aangebeied word. Die dienste wat aangebied word, gaan gepaard met uitgawes. Daar is so baie pendelaars wat elke tweede of derde maand bussie-eienaars inloop deur weg te hardloop. Hulle skaam hulle nie meer nie. Bel jy oor jou geld, word jy gevloek of kry die "maak wat jy wil"-houding. Niemand beskerm die mense/eienaars nie. Die skelms kom weg. Ek wil hê die bussie-eienaars of drywers moet sê genoeg is genoeg. Okahandja is ook verder as Rehoboth, maar Rehoboth se pryse is minder. Verstaan nie. Sterkte manne. Ek trek af...
Niemand kon ‘n opklaring gee vir die woord sielsaligheid. Dis ‘n woord in die Afrikaanse taal en die betekenis is so intens geestelik dat geen penpunt of mensetong dit kan opklaar nie, maar ek kan dit verklaar. Dit beteken onsterflikheid. Dis die gawe en diesulkes wat dit het, het ewig lewe in die alles oortreflike heerlikheid in die teenwoordigheid van God. Hulle sal geen bewussyn van sonde en ‘n oordeel hê nie. Groete – Sedney J. Ockhuizen

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie