Lesse aan die 'vleisvreters'
Lesse aan die 'vleisvreters'

Lesse aan die 'vleisvreters'

Mandy Rittmann
ETTEBAB SKRYF:

Stap ek in 'n “take away” of 'n restaurant in en vra vir 'n “vegetarian” dis, word ek aangekyk of ek aan 'n siekte ly wat erger is as enige van die siektes waarvoor nog teenmiddels gesoek word.

As jy nie vleis eet nie, hoort jy omtrent nie op hierdie aarde nie en jy word neerhalend en selfs ongeskik behandel omdat sommige mense blybaar nie mooi weet wat “vegetarian” is nie.

“Vegetarians” en “vegans” is gewone mense wat weet dat 'n dier nie doodgemaak hoef te word vir die mens om te lewe nie. Ons is bloot mense wat plantaardige kos eet, sonder dat ons op slaaiblare en “cherry”-tamaties leef en “sieklik” is.

Die natuur het gesorg vir 'n groot variëteit plantaardige voedsel sodat die mens gesond en meer kwaalvry kan leef. Daar is 'n verskeidenheid heerlike vegetariese disse. Kyk maar net op die Internet.

Vir die wat nie seker is wat opgedis moet word as iemand vir “vegetarian” vra nie, hier is die

drie soorte vegetariërs:

• “Lacto ovo vegetarian” – eet ook suiwelprodukte en eiers.

• “Lacto vegetarian” – eet/drink ook suiwelprodukte, maar eet nie eiers nie.

• “Ovo vegetarian” – eet eiers, maar eet/drink nie suiwelprodukte nie.

Dan is daar “vegans” - hulle eet nie eiers, suiwelprodukte of heuning nie.

'n Mens kan “vegetarian” of “vegan” wees om gesondheidsredes, of ander verkies hierdie leefwyse omdat hy/sy teen die doodmaak van diere is.



TEEN GEWELD

Omdat ek 'n vegetariër is en teen die doodmaak van diere is, kom ek vertel lesers van die vier miljoen Jaïniste se leefwyse as voorbeeld.

Die geloof bestaan al vir meer as 2 600 jaar. Hulle glo dat die mens, die diere en plante waardig/heilig is en dit is deel van hulle leefwyse om alle lewende wesens te eerbiedig, te respekteer en te beskerm.

Hulle deel die lewe van alle lewende wesens op in die getal sintuie wat elk het .

Daar is vyf sintuie.

Die laagste vorms van lewe het een sintuig: om te kan voel. Onder hierdie groep val plante. Erdwurms het byvoorbeeld twee sintuie (voel en proe), vlooie het drie sintuie en muskiete het vier.

Die hoogste vorms van lewe het al vyf sintuie: om te kan voel, proe, ruik, sien en hoor. Hoeveel van ons diere het al hierdie sintuie, net soos ons?

My mening hieroor: as 'n dier al die sintuie het wat ek het en al die organe wat ek het, is die dier op dieselfde vlak as ek in die skepping. Omdat die dier nie lyk soos ek nie, nie loop soos ek nie, of praat soos ek nie, of dink oor dinge soos ek nie (asof mense in elkgeval almal dieselfde dink oor enigiets), is dit nie my reg om hom dood te maak nie, tensy uit selfverdediging.

Soos ek en jy, voel diere pyn en vrees. Sal ek en jy met soveel wreedheid en ongenade behandel wil word? NEE!!!



MENSLIKHEID

Kardinaal John H. Newman het gesê “cruelty to animals is as if man did not love God. They have done us no harm, they have no power of resistance. There is something dreadful, so satanic in tormenting those who have never harmed us and who cannot defend themselves, who are utterly in our power.”

Ghandi het gesê: “A society is known by the way it treats its animals”.

Selfs om te sê dat om die dier se keel vinnig met 'n skerp mes af te sny “humane” en “'n vinnige dood” is, is alles behalwe. Ek wil graag weet wie praat uit ondervinding?

Jaïniste glo dat “nonviolence” en “kindness” teenoor alle lewende wesens betoon moet word.

Dis moeilik om te glo dat sulke edele denke vandag nog enigsins kan bestaan op hierdie aarde met sy daaglikse moorde, geweld, bedrog, leuens, onderkruipery, selfsug, geldgierigheid, korrupsie, ens.

Nou sal daar gesê word diere het nie “siele” soos mense nie en hulle kan nie hemel toe gaan as hulle doodgaan nie (so is ek as kind geleer). Dit maak hulle geensins minderwaardig teenoor die mens nie.

Wat ons as “siel” sien, is deur die Egiptenare as die “ka” aan die een kant en die “ba” aan die ander kant gesien. In Engels het ons “soul” en “spirit”. In Afrikaans het ons “siel” en “gees”.

Daar is 'n “energie", 'n “asem” wat in 'n lewende liggaam teenwoordig is, hetsy dit mens of dier is.

Diere het net instink en kan nie redeneer nie – regtig? Ons kan nie verwag diere moet soos ons “redeneer” nie. Diere redeneer op hul eie wyse. Moenie sekere aapsoorte miskyk nie.

Die mens onderskat die intelligensie van diere hopelooslik.

As die mens net vir 'n slag diere dophou, sal hulle verbaas wees hoe baie die mens by die dier kan leer.



SLAGTING

Gaan kyk maar op YouTube hoe word diere in sogenaamde slagpale oor die wêreld genadeloos en wreed doodgemaak. Ek belowe jou jy gaan siek voel en jy sal nie kan glo dat sulke wreedheid gebeur nie.

Die mense wat nog die sanggroep The Beatles onthou, Paul McCartney het gesê: "If slaughter houses had glass walls everyone would be vegetarian."

Die Jaïnis eet slegs plante, maar ook nie alle plante nie.

Plante wat ondergronds groei, soos wortels, beet, aartappels, uie, ens., word nie geëet nie omdat die hele plant dan vernietig word, asook mikro-organismes wat van die wortels leef. Vrugte word gewoonlik eers bymekaargemaak wanneer dit van die boom af val. Graan en boontjies word bymekaargemaak as die droog is.

As 'n vegetariër 'n aartappel in water kook sonder selfs sout, smaak daardie aartappel nog steeds goed. 'n Wortel hoef nie eens gekook te word nie.

Ek het 'n respek en 'n deernis vir diere wat ek nie het vir die meerderheid van mense nie, omdat die dade van die mens deur en deur bewys die mens verdien dit nie.

Hoewel ek hard probeer, om soos die Jaïnis, selfs teenoor vlieë, brommers en muskiete met deernis op te tree, maak hulle dit vir my baie moeilik om nie tot geweld en moord oor te gaan nie. Veral as jy sopas jou koppie neergesit het en net voordat jy weer 'n sluk wil vat, vind jy uit 'n groen bottelvlieg oefen borsslag in jou koffie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!