Lesse uit die Avid-uitspraak
Sekere lede van die publiek brom steeds oor die uitspraak in die Avid-saak.
Jan en San Alleman kan natuurlik hul menings lug, maar ewewigtigheid is nodig. Daarmee saam insig in alle getuienis wat die hof aangehoor het, asook die talle belangrike en ingewikkelde oorwegings tydens vonnisoplegging.
Alles in ag genome het regter Christie Liebenberg 'n uiters streng, dog gebalanseerde oordeel gevel. Wat witboordjiemisdaad betref, sal die uitspraak 'n belangrike regsgesag word.
Nee, dit was nie so eenvoudig dat almal die Reguit tronk toe-kaart moes ontvang het nie. Vir so lank as moontlik volgens sekere lede van die publiek. Die hof moes grade van aanspreeklikheid in ag neem en hoe die geld na betrokkenes gevloei het. Van die baie ander tersake kwessies was die status van eerste oortreders, berou en skade wat beskuldigdes reeds voor vonnisoplegging kan ly.
Openbare verwagtinge speel 'n rol, maar is volgens die uitspraak nie dieselfde as openbare belang nie. Saam met straf kom ook genade, het Liebenberg opgemerk.
Dié genade is danksy 'n objektiewe en onafhanklike regbank iets waarop elke inwoner kan staat maak.
Die afskrikkingswaarde van die uitspraak is groot en die vingerwysing glashelder na alle direkteure en diegene wat met openbare geld werk.
'n Besliste blaps was hoe die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) weens 'n gebrekkige mandaat met sy versoek om vergoeding vir verliese weens die skandaal misluk het.
So sê ander
10 Julie 2018
Those spoiling to go to war ought to know, at a minimum, what victory would look like. Or at least to have an exit strategy should things not proceed as hoped.
Buckle up, folks, as this could be some kind of crazy ride.
Not to worry, says the president, who has asserted that trade wars are good. And easy to win.
Well, there's not much evidence supporting that theory, of course. But our businessman president has never demonstrated a great familiarity with history.
With his long-feared opening salvo in the trade war with China, Trump may well have taken a step toward making America depressed again.
The worst thing of all: There was no need for this foolishness. No need at all. And if majority Republicans in Congress had had any backbone, they'd have moved to stop it from happening.
• THE REPUBLICAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie