letsie van verlore N$100 miljoen rol in
letsie van verlore N$100 miljoen rol in

letsie van verlore N$100 miljoen rol in

DIE Aflandige Ontwikkelingskorporasie (ODC) wag volgens betroubare inligting angstig op net oor die N$9 miljoen om in hul geldkaste terug te rol as deel van 'n eerste herverdeling van herwinde bates uit die omstrede "prof." Philip Fourie se bankrot boedel in SuidAfrika. Die ODC het 'n eis van N$65 miljoen teen mnr. Fourie, die grootbaas van Great Triangle Investments ingestel, nadat 'n totaal van sowat N$110 miljoen uiteindelik sedert 2003 uit Namibie in hierdie geheimsinnige "Bermuda- driehoek" met 'n adres in Botswana verdwyn het.

Hoewel daar steeds geen aanduiding is wanneer 'n lank beloofde oorgrensbesoek uit Suid-Afrika oor die moontlike kriminele vervolging van betrokkenes by die grootste beleggingskandaal in Namibie se geskiedenis uiteindelik wel gaan plaasvind nie, het die man in bevel van die Aanklaer-generaal se span teen geldwassery en korrupsie, mnr. Orben Sibeya, gister gese dat die saak goed gestalte aanneem.

Uit Suid-Afrika is vertroulik uit die geledere van die Skerpioene verneem dat een van die groot kwessies is aan watter kant van die grens beweerde skuldiges aangekla gaan word.

Blykbaar is dit steeds net die afwesigheid van 'n toestemmingsbrief van die aangewese Suid-Afrikaanse minister wat verhoed dat bedrogjagters van benede die Oranje-rivier, ewe oorgehaal vir aksie as plaaslike beamptes, formeel in Windhoek met Namibiese owerhede koppe bymekaar kan kom sit.

Die leeueaandeel van die geld wat Great Triangle uit Namibie gesluk het, net meer as N$55 miljoen, was geld wat die Nasionale Ontwikkelingskorporasie (NDC) aan ODC toevertrou het. Ongeveer N$45 miljoen van die ODC se eie geld was bykomend hiertoe saam met sowat N$7 miljoen van 'n Windhoekse pensioenaris, me. Helene Naude, en N$1,7 miljoen van 'n beleggingsmaatskappy van Mauritius, Silnam, op die spel toe die bedrogbom laat in 2005 gebars het. Die geld waarop die ODC nou wag, verteenwoordig 'n verhaling van omtrent 14 sent op die dollar van hul totale eis teen Fourie.

Volgens mnr. Sibeyawas dit die AG wat die staatsmaatskappy aangeraai het om seker te maak dat hulle, indien daar geld is, soveel as moontlik uit hierdie bankrotboedel probeer verhaal. Behalwe vir inligting uit 'n konsepverslag wat op 8 Junie vanjaar by 'n tweede vergadering van mnr. Fourie se skuldeisers op George sou dien, bly dit duister presies hoeveel geld tot dusver reeds herwin is, asook wie die eisers is en hoeveel elk wil he.

Dit was toe reeds meer as 'njaar sedert die eerste krediteursvergadering in April 2006 plaasgevind het. "Prof." Fourie is finaal in Januarie verlede jaar deur die Kaapse hoerhof gesekwestreer. Dit blyk dat die opveil van La Gratitude, 'n Fourie-eiendom op Stellenbosch, tot dusver die enigste noemenswaardige inkomste was.

Beraamde bates in die boedel het in die Junie-verslag op N$13 miljoen gestaan, teenoor totale eise van 'n geskatte N$75 miljoen. Me. Naude wat die sekwestrasieaansoek ingedien het, se geld is hierby ingereken. 'n Eksekuteur wat met die saak werk, mnr. Christiaan Bester van Progressive Administration in Kaapstad, het reeds maande na hy op geskrewe vrae van die koerant aangedring het nog nie teruggeskryf om Narnibiers 'n beter prentjie te help gee van die vordering om openbare geld van hier te herwin nie.

Geld wat kon invloei uit moontlike aandele in 'n stoetery met Arabierperde, glo mnr. Fourie se dogter s'n, en die verkoop van voertuie is in die Junie-verslag betwis. Die gevoel in die ODC se wandelgange is dat hulle eers sal glo dat iets terugkom as die beloofde N$9 miljoen daar is. Mnr. Sibeya het soos die Skerpioenlid waarmee gesels is, gese dat die ondersoek aan beide kante van die grens voortduur. "Daar is eintlik reeds 'n klomp getuienis ingesamel," het hy bygevoeg.

Om meer oor moontlike kriminele stappe te rep, sal volgens mnr. Sibeya voortydig wees. Hy het ondemeem om Republikein op die hoogte te bring sodra hy weet wanneer die Skerpioene inderdaad Namibie sal besoek. Syantwoord op hoekom dit oenskynlik veel makliker is vir Suid-Afrikaanse polisiemanne om met die reeksmoorde wat aan die Khomas Ripper gekoppel word te kom help, was dat hy nie weet ofander kanale met hierdie besoeke gevolg word nie.

Hy het saamgestem dat beide speurtogte van ewe groot openbare belang behoort te wees. "Net soos ons die moordenaar moet vastrek, moet ons ook diegene stuit wat ons land besteel."

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer