Lewende ietermagô in kamer gevind
'n Lewende ietermagô is Vrydagaand in 'n kamer van 'n 29-jarige man in die Wanaheda-woonbuurt in die hoofstad gevind.
Volgens die misdaadverslag het die Namibiese polisie 'n wenk van gemeenskapslede ontvang en die Namibiese man omstreeks 23:00 in die Ogulumbashe-nedersetting in hegtenis geneem.
"Die lewende ietermagô is aan die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme oorhandig wat dit ná evaluering weer in die natuur sal vrylaat," lui die verslag.
Op Tses is vyf Namibiese mans (tussen 22 en 42) is Saterdagaand by 'n padblokkade met glo springbokkarkasse vasgetrek.
"Die polisie het twee springbokke, 'n jaggeweer en 'n skietlig in hul besit gevind en die vyf in hegtenis geneem."
Die polisieondersoek duur voort.
Foto ter illustrasie verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie